Logo

Die Pro: “Vlug”

Nuus
05 Augustus 2015
Bouwer Bosch het die temalied vir Die Pro neergepen. Kyk hier na die musiekvideo vir “Vlug”.
Bouwer Die Pro
Bouwer Bosch het die temalied vir Die Pro neergepen. Kyk hier onder na die musiekvideo vir “Vlug”.



Die Pro speel af in ’n fiktiewe kusdorp genaamd Vlakberg, waar die 17-jarige Tiaan Nothnagel se kommervrye tienerlewe tot stilstand geruk word met die dood van sy beste vriend, Dirkie Lawrence. Na dié gebeurtenis besluit Tiaan, ’n kranige branderplankryer, om nooit weer op ’n branderplank te klim nie. Hierdie word uiteindelik een van die groot kwessies wat opgelos moet word wanneer Dirkie se beeldskone suster, Yvette, haar by die groep tieners in Vlakberg aansluit. Kykers kan uitsien na ’n storie van hoop, grootword, hartseer, eerste liefde en natuurlik hope aksie soos wat die akteurs wêreldklas-branderplanktoertjies op die oop water uitvoer.

Die Pro sal aanklank vind by oud en jonk. As jy glo in tweede kanse en dat die lewe altyd oor die dood sal seëvier, is Die Pro ’n fliek wat jy nie mag misloop nie. Die Pro begin op 18 September 2015 in teaters draai.

Lees meer oor die fliek, en kyk die lokprent hier.

34 die pro poster hr