Logo

Die perfekte pasmaat – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
04 November 2019
Verfris jou geheue deur hiérdie artikel te lees!
Die Perfekte Pasmaat – Artikel Banner

Die ongemaklike situasies van die blits-afsprake is nou wel iets van die verlede, maar waarna soek die boere nou al weer in hul spreekwoordelike deksels?

#BoerGraham

Graham se ideale pasmaat moet ’n bok vir sports wees en ’n liefde vir die natuur hê. Sy moet ook die lewe se goed en sleg met ’n knippie sout kan neem en oor die lewe kan lag. Verder moet sy pasmaat ook weet dat hy, buiten boer, van jag, golf en perde hou.

#BoerWillem

Willem se ideale pasmaat moet sy geloofsoortuigings deel. Verder moet sy op haar eie voete kan staan en haar eie lewe op die plaas lei. Willem is ’n perfeksionis vir wie sy boerdery altyd eerste kom. Sy pasmaat moet dit verstaan, maar sy moet ook saam met hom kan lag en tyd saam kan spandeer tydens sy jaarlikse jagtogte!

#BoerTheunis

Die avontuurlustige Theunis is op soek na iemand wat sy passie en liefde vir avontuur kan deel. Verder is hy mal oor motorfietsry en ’n road trip. Die belangrikste eienskap waaroor Theunis se pasmaat wel moet beskik is ’n liefde vir honde, spesifiek sy hond, Cobus.

#BoerDamian

Vir Damian moet sy ideale pasmaat musikaal wees omdat musiek ’n groot deel van sy sosiale struktuur uitmaak. Hy moet ook daarvan hou om weg te breek na klein, natuurskone dorpies. Damian is nie een vir die gejaag en gedruis van die stad nie. Verder moet sy pasmaat ook ’n Christen wees.

#BoerHentie

Hentie se pasmaat moet ’n passie vir die buitelewe hê, spesifiek vir jag, visvang en golf. Sy moet ook sosiaal wees en daarvan hou om met vriende en familie te kuier. Verder moet sy ook daarvan hou om bederf te word met klein geskenkies soos vars gepukte blomme en ’n piekniek.

Dit is nog te vroeg om te kan sien of die boere wel hul perfekte deksels sal vind tussen al die potensiële pasmaats, maar dit lyk baie belowend. Bly dus ingeskakel elke Donderdagaand om 20:00 vir die nuutste verwikkelinge in die boere se liefdes-reise.

Ons wil van jou hoor! Gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram