Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Dié influencer het die Vlei op hol! – Arendsvlei

Nuus
08 Julie 2021
Tiffany Smit is een van Kaapstad se groot influencers.
Layla en Tiffany 1

Tiffany Smit, een van Kaapstad se groot influencers, oftewel iemand wat deur sosiale media ’n invloed het op ander se keuses en besluite, het haar plek by Arendsvlei ingeneem. Haar foon is die hele tyd byderhand en die enigste een wat werklik beïndruk met haar is, is Mielies wat glo Tiffany gaan Arendsvlei op die map sit … Haley Kannemeyer vertel meer oor haar rol en haar lewe.

Hayley is in Kaapstad gebore, maar het op Vredenburg aan die Weskus grootgeword. Sy sê haar hoërskool was nie juis gefokus op die kunste nie, maar sy het nogtans aan soveel moontlik aktiwiteite soos Eisteddfods en revues deelgeneem. “Ek was selfs ’n rasieleier,” sê sy. Ná skool het sy aanvanklik regte studeer, maar in 2019 het sy haar droom gevolg en drama begin studeer. Sy het by ’n agentskap aangesluit en ses maande later het sy die rol van Tiffany losgeslaan.

Is daar ooreenkomste tussen jou en Tiffany?
Die een ding wat wel verskil, is ons keuse van klere. Ek is ook nie so ywerig wanneer dit by sosiale media kom nie. Ons is wel dieselfde wanneer dit kom by omgee vir vriende en daarvan hou om te sien dat hulle sukses behaal. Ons is goed in opstel-skryf, ons is girly girls en natuurlik is ons al twee fabulous!

Volg jy enige influencers op sosiale media?
Ja, ek doen. Daar is mense wat hulle irriterend of vervelig vind, maar dit hang af van die sosiale media-inhoud wat jy graag wil sien. Daar is ‘n influencer vir omtrent elke onderwerp onder die son.  

Wat dink jy is die grootste gevaar van sosiale media?
Daar is baie om na te kyk wanneer die negatiewe sy ondersoek word – selfvertroue, boeliegedrag, identiteitsdiefstal, om jouself met iemand anders te vergelyk en so aan. Ek kan ‘n baie lang opstel daaroor skryf! Ek dink dis is omdat die op skyn gebou is; wat ons op sosiale media sien is net die tip van die ysberg. En hoewel dit deel van ons lewe geword het, neem ons dit te ernstig op.   

Wie is dit top-3 mense wat jy volg wat ‘n positiewe invloed op jou het?
Daar is ‘n paar wat ek aktief volg. My top-3 is dié wat liefde vir die self en ‘n positiewe beeld oor liggame voorstaan soos byvoorbeeld die Keniaan Achieng Agutu se @noordinarynoire, asook dié wat hulle uitspreek oor sosiale kwessies soos @herperspective. Die boy band BTS het ‘n massiewe teenwoordigheid op sosiale media en die boodskappe wat hulle met hulle musiek en veldtogte uitstuur, is altyd positief.  

Wat is die een ding in die wêreld wat jy graag sal wil verander?
Dit klink dalk vergesog, maar ek wil graag die wêreld se natuurlike hulpbronne hervestig; om al die besoedeling en verwoesting aan ons ongewing en natuurlik klimaat terug te draai. Ons planeet is waardevol, maar dit gaan elke dag agteruit as gevolg van ons. So as ek die vermoë gehad het om dit verander, sou ek.

Watter superpower sal jy graag wil hê?
Shape-shifting! Ek sal die liggame inneem van invloedryke mense en besluite neem wat almal in die wêreld beïnvloed. En wanneer ek nie raakgesien wil word nie, kan ek verander in iets klein soos ’n mier. Dit is ’n baie veelsydige superpower as jy daaraan dink.

Waar sien jy jouself oor tien jaar?
Ek sien myself as ’n suksesvolle kunstenaar wat altyd werk het, wat finansieël stabiel is en werklik gelukkig is. Dit alles terwyl ek op my rusbank sjampanje drink en na die al die toekennings wat ek al gewen het kyk. Ek is hopelik ook op pad om ‘n EGOT-wenner te word. (‘n EGOT-wenner is iemand wat ‘n Emmy-, Grammy-, Oscar- én Tony in hulle loopbaan wen.)

Influencers: Wat is dit en het hulle werklik ’n invloed?
Eeue gelede reeds het sekere persone of ontwerpers ’n invloed gehad op wat gewone mense koop. Dit is meer as net advertensies wat jou beïnvloed – dis ’n bekende (of soms minder bekende) wat verbruikers na ’n sekere produk of diens toe kan lei.

Daar word gereken dat een van die eerste influencers die Britse pottebakker Wedgwood was. Hy het in 1760 vir die koningin van Engeland ‘n teestel gemaak en sy handelsmerk met “Royal-approved” gemerk, ‘n stempel wat tot vandag toe nog daarvoor sorg dat Wedgwood as luuks bestempel word.

Voor die koms van sosiale media, het mense soos Michael Jordan (Nike) en Jennifer Aniston (L’Oreal) betrokke geraak by produkte en nie net hulself ’n paar miljoen in die sak gebring nie, maar ook vir die vervaardigers.

Met die koms van Facebook, YouTube en Instragram het al meer influencers hulle kleim afgesteek. Die top-3 bekendes op Instagram op die oomblik is die sokkerspeler Cristiano Ronaldo met 307 miljoen volgelinge, Dwayne ‘The Rock’ Johnson met 250 miljoen volgelinge en die sangeres Ariana Grande met 247 miljoen volgelinge.

Onbekendes het egter ook hulle merk gemaak. Huda Kattan, ‘n grimeerkunstenaar, met meer as 31 miljoen volgelinge, is een van die invloedrykste vroue in die Midde-Ooste en is die eienaar van die skoonheidsreeks Huda Beauty wat miljarde dollars werd is. Die Britse komediant Caspar Lee het byna sewe miljoen intekenare op sy YouTube-kanaal en die grimeerkunstenaars Jeffree Star en James Charles het beide meer as 10 miljoen volgelinge op sosiale media. James se videos op YouTube is reeds meer as een miljard keer gekyk.

In Suid-Afrika is die krieketspeler AB de Villliers loshande voor op Instagram met 9,7 miljoen volgelinge, met Boity Thulo (3,6 miljoen), Minnie Dlamini (3,5 miljoen), Bonang Matheba (3,4 miljoen) en Cassper Nyovest (3,4 miljoen) in die res van die top-5.

In 2019 het die makers van die Merriam-Webster-woordeboeke aangekondig dat hulle die woord ‘influencer’ in die woordeboek gaan opneem. Ander nuwe woorde wat deur sosiale media beïnvloed is wat ook opgeneem is, was ‘tweetstorm’ en ‘on-brand’.
https://www.socialmediatoday.com/news/timeline-a-brief-history-of-influencers/554377/