Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Hierdie September raak dinge weer warm in die Vlei! – Arendsvlei

Nuus
06 September 2021
Loer hier wat jou gunsteling telenovela vir jou hierdie September inhou.
Screen Shot 2021 08 23 at 4

Nadat Ingrid haar ingewurm het by Lennie se boksklub is sy reg om weer met haar planne te begin. Arme Lennie is onder die indruk dat Ingrid iets goed vir die gemeenskap wil doen, maar min weet hy met wie Ingrid agter sy rug praat…

En al het Karelse weereens daarin gevaal om Wendy vas te trek, beraam hy nou ‘n plan om te infiltreer by die boksklub. En vir wie vra hy? Die gespierde polisieman Jake, natuurlik! Jake word beveel om by die boksklub aan te sluit om vir Ingrid dop te hou aangesien Karelse haar weer verdink van geldwassery. Hy stem in, maar daar is een voorwaarde… Beatrice mag nie weet hy in weer in die Vlei nie. 

Dis ook tyd om weer troue te beplan! Lee-Roy en Wesley beloof aan die einde van die maand trou aanmekaar. Maar wat ‘n jolige affêre moet wees, verander in ‘n klomp gestryery. Muriel en Ronel is inmekaar se hare oor wie die troue moet reël en arme Lionel is in die middel. Die paartjie stel voor dat die twee spanne ‘n voorlegging moet aanbied en dan sal hulle die beste een kies. Wie gaan die kompetisie wen? 

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.