Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Die groot dag – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
20 Oktober 2023
Hier is hoe die laaste episode van #KokkedoorVuurVlam verloop het.
Kokkedoor Vuur & Vlam

Die Kokkedore se laaste uitdaging het al reeds die dag voor die groot braai afgeskop met ’n speletjie wat ’n reuse invloed op die kompetisie kan hê. Gert en Karen het gewen en dadelik die twee deelnemers wat in die semi-finaal uitgeval het terug gebring om hulle te help met dié braai. Die finaliste het beurte gemaak om te kies watter deelnemers in hulle span gaan wees en daarna begin beplan vir die reuse uitdaging.



Albei spanne het vinnig hulle voete gevind en begin werk aan geregte wat pas by hul sterkpunte in die kombuis. Kevin en Nate het egter ’n paar probleme gehad met dié braai. Kevin se Marshmallow resep het nie gewerk soos dit moes nie terwyl Nate per ongeluk sy brood gebrand het. Dié twee het egter vinnig ingespan om die situasie te red en nogsteeds ’n onvergeetlike laaste maaltyd bedien.



Al die Kinkel-en Onthoubraaiers het saam met die beoordelaars en ’n orkes na die restaurant gestap om vir ’n laaste keer heerlike kos voor te sit. Hierdie “idilliese einde” was werklik die mees gepaste manier om ’n ongelooflike reeks vol vriendskap en liefde vir kos af te sluit. Die gaste was vol komplimente en vanjaar se beoordelaars kon nie meer beïndruk wees met wat hulle geproe het nie.



Na 13 episodes is Karen en Gert aangewys as die eerste wenners van #KokkedoorVuurVlam en die R1 miljoen prysgeld! Kevin en Nate se uitstekende poging was ook beloon met R200 000 danksy Lion Matches.



Indien jy die finaal van #KokkedoorVuurVlam misgeloop het kan jy dit nou stroom op DStv Stream.