Logo
Spoorloos Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Spoorloos

144Drama13 VL

Die dagboek van Adri van Tonder – Spoorloos 3: Steynhof

Nuus
12 Augustus 2021
Loer hier na 'n uittreksel vanuit Adri van Tonder se dagboek...
BB

Maandag
Nóg ‘n dag. Nóg ‘n nuwe skool. Ek is nou al gewoond daaraan. Kan mens ooit gewoond raak aan ‘n plek waar jy weet jy vir minder as ‘n jaar gaan bly? My ma sê ons trek rond oor sy werk soek. Maar ek mis dit om vriende te hê. Ek mis dit om my kamer myne te kan maak.

Dag een by ‘n nuwe skool. Die hoof sê dat hulle my nie kan aanvaar as my ma nie my geboortesertifikaat kan vind nie. Hier is baie bokse. Maar ek gaan soek deur elkeen en seker maak ons kan hier bly. Die kids suck! Maar ek dink ek kan gewoond raak aan hulle. Ek wil net bly. Ek wil net êrens behoort.

Niks. Nie een enkele ding van my geboorte nie. Nie een enkele foto, dokument of registrasieform nie. My ma hou alles. En ek meen ALLES. So hoekom het sy nie my geboortesertifikaat nie? Hoekom jok sy? Wat steek sy vir my weg?

Gevind? My sogenoemde ‘ma’ het my gevind? So wie se kind is ek? Wie is my regte ma? Nee, ek wil nie eers weet nie. Sy het my seker weggegooi soos ‘n vuil nappy. Xander het alles kom opneuk. My lewe was fine. Ek en my ma het gecope.

Dinsdag
My ma is gearresteer. Hierdie is een groot f…fout. Ek gaan Xander se nek omdraai!!! Die tannie van die welsyn sê hulle soek my regte ouers. Hulle dink ek is die baba wat van ‘n plaas afgesteel is. Crap man. Ek val nie daarvoor nie. My regte ma het my weggegooi. My ma het my gered.

So dis waar. Ek is Rochelle Steyn! Net so, in ‘n oogwink word my hele lewe opgef…flop. Hoe kon sy? Is ek net soveel werd? My biologiese ouers is vermoor. Nou moet ek gaan ‘Rochelle’ speel op ‘n plaas waar ek nie hoort nie, met mense wie ek nie ken nie.

Donderdag
Iets is f fishy. Almal loop op eiers om my. Almal steek iets weg. Ek voel asof ek net Daniel my oom kan vertrou. Hy het vir my ‘n tas gegee vol van my ma se goed. Dis special. Ek het haar foon gevind in die sak van haar baadjie. Ek gaan kyk of Xander my kan help dit crack. Wie het my ouers vermoor? Al hierdie mense op Facebook raai net. Maar ek soek die waarheid!

Wie is Liena April? En waar is sy. Dalk weet sy wat regtig daardie aand gebeur het.

Sondag
So tannie Joey en Simon het beslis iets aan! #Awkward… Sy het my gevang toe ek hulle saam sien, sy sê dis net ‘n façade maar ek weet nie so mooi nie.

Xander dink ek kan niemand vertrou nie. My oom steek iets weg. Ek dink my pa was ‘n slegte mens, maar niemand wil oor dit praat nie. Simon en die ander plaaswerkers kyk my weird uit. Ek besit die plaas, maar ek weet nie wat ek eintlik  hier doen nie.

Maandag
Die oom van die koerant het die party kom crash. Apparently was hy en tannie Joey verloof. Shocker! PLUS, sy was ‘n stripper. LOL! Hierdie familie is weird.

Woensdag
Xander stuur die courier om vandag die foon op te laai. Fingers crossed…

Donderdag
Ek het Liena April ontmoet. Wie d...dink sy is sy? Daniel. My oom Daniel. Nee, dit kan nie wees nie. As Xander net daai foon kan kry om te werk, kan ek dalk net nader kom aan die waarheid. Niks maak sin nie. Hierdie plaas is gecurse.

Tune in volgende Dinsdag om uit te vind wat volgende op MY plaas gebeur. Jokes.