Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 33: Sepiesterre en flieks – Kwarantyn

Nuus
12 Julie 2020
Só het dag 33 verloop.
Dag 33 Kwarantyn

Dag 32 was geensins ’n teleurstelling nie. In ons peiling wou ons by julle weet of die families Sondagaandfliek kan kyk. Die uitslae was as volg:


Soos oudergewoonte was dit na ontbyt tyd vir oefen, en daar was ’n verrassing wat op ons families gewag het: Cindy Swanepoel het deur middel van ’n video in haar Carmen-karakter vir die spanne ’n paar oefen-bewegings gewys, wat ontaard het in ’n skreeusnaakse oefensessie. Herleef die oomblik hier.

Daarna was dit tyd om ’n heerlike bord Sondagkoas voor te berei: Vandeesweek se koskenades was weereens 1 000 punte werd. Varkboud met heuning en rooikool was op die spyskaart. Kliek hier vir die bestanddele wat hulle ontvang het. Daar is vandag ’n ekstra uur ekstra toegestaan vir voorbereiding. Die Opsigter was baie beïndruk met die Le Roux’s se eindproduk.

Vir die groepsuitdaging moes hulle ’n karakter vanuit ’n Binnelanders-toneel vertolk. Dié uitdaging was 1 000 punte en ’n verrasgas werd. Elke familie het ’n teks ontvang en moes die res van die middag gebruik om voor te berei. Kyk hier hoe berei hulle voor.  Natuurlik is Manie ’n groot aanhanger van beide Binnelanders én Cindy. Kyk hier hoe hy die Scheepers riglyne oor sy gunsteling-sepie.

Boonop was die families later die dag verras met ’n besoek vanaf Cindy. En hulle reaksies was onvergeetlik. Kyk hier. 

LEES OOK: WANNEER ’N BINNELANDERS-STER KOM KUIER

Daarna was dit tyd vir die twee families om ons te wys waar Dawid die wortels gegrou het: Hulle het Cindy se raad geneem en dit toegepas. Nadat hulle die tonele voltooi het, het Cindy deur middel van video vir hulle laat weet wie die wenners is. indy was veral beïndruk deur Manie en Pam se spel. 

KYK OOK: LIEFDE, VOLGENS AUNTIE PAM, IS...

Volgens Cindy was Braam en Lisa baie oortuigend, maar was bekommerd oor Heinrich wat nie sy woorde kon onthou nie. Sy was ook baie beïndruk deur Austin,  sowel as teacher Pam en auntie Avril se vertolking van die die karakters. “Dis so mooi geeindig. Dit was so sterk. Dankie vir die kostuums.” 

Verder het Cindy aangekondig dat die Scheepers-familie se spel die rede is dat hulle wegstap met 'n oorwinning. 

Hierna het die opsigter aangekondig dat Manie en Austin weer huise kan ruil. En dié keer het Manie se truuks gesorg dat die lagspiere werk. Kyk hier. 

Later is die kaktus van die week aangekondig. Vandeesweek gaan die toekenning aan Adriaan. Het jy al vir Kaktus van die week gestem? Kliek hier. 

Onthou om jou weergawe van die Kwarantyn-dans met ons te deel deur die hutsmerk #KwarantynDans op FacebookInstagram en TwitterOnthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.