Charlize Berg se splinternuwe musiekvideo vir haar liedjie “As jy weet dis Liefde” is pas bekendgestel! Dié video is gedurende Junie 2016 by Rosemary Hill in Pretoria verflim en is geïnspireerd deur die 1970’s.
Die video skep die gevoel van ’n werklike optrede en sluit ’n trom-, baskitaar- en akoestiese kitaarspeler in.
“Dit was regtig ’n onvergeetlike dag gewees,” sê Charlize. “Dieselfde span wat op my vorige musiekvideo ‘Braaf’ gewerk het, het weereens saamgewerk. Ons werk baie lekker saam en ek het soos ’n regte blommekind gevoel!”
“As jy weet dis Liefde”, geskryf deur Johan Oberholzer, is ook die titel van haar album wat nou landswyd beskikbaar is!
Kyk die musiekvideo hier onder: