Logo

Byron bied sy skouer – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
12 Oktober 2018
Boer Byron hoop om ’n verskil in sy samelewing te maak.
BSV-11-Byron

Byron (28) bedryf ’n hidroponiese boerdery in die omgewing van Kraaifontein in die Wes-Kaap. Híér word groente op ’n moderne wyse, met behulp van tegnologie wat help om water te spaar, verbou.

Hy bring dalk nie die prentjie van ’n tradisionele boer by ’n mens op nie, maar boerwees gaan oor baie dinge. Hierdie boer wil oplossings vir vandag se probleme, soos voedselsekuriteit en werkloosheid, probeer vind, en is tans besig om ’n M.Phil-graad in omgewingsetiek te voltooi.

Byron beskryf homself as spontaan en sportief, vriendelik en fun, en het al by dames gehoor hy het “baie lekker skouers”.

Hoe is so ’n catch dan enkellopend, en dít terwyl hy net ’n klipgooi van die stad af boer? Byron meen die lewe van ’n boer, wat hárd werk, sin probeer maak van ’n onbekende toekoms en nie altyd sekuriteit kan bied nie, is nie iets waarby almal aanklank vind nie.

Hy vertrou vinnig en dra sy hart op sy mou. “Ek maak baiekeer my moue nat ook as ek by die dam werk, so ek hoop nou nie my hart verdrink in dié geval nie,” lag hy.

Byron wil graag eendag in ’n plaashuis van sy eie woon saam met sy gesin en sien uit daarna om ook by sy vrou se professionele lewe betrokke te wees. Hy is op soek na ’n maat wat entoesiasties is oor die lewe, selfstandig is en hom sal uitdaag. Sy ideale romantiese afspraak is ’n piekniek op die plaas met die son wat agter Tafelberg sak.

Het jy gehoor? Jy staan die kans om ’n lekker prys te wen deur ons te laat weet wat jy dink! Word só deel van die kykerskeuse-ervaring!

Die nuwe seisoen van kykNET se gewilde werklikheidsreeks saai vanaf 18 Oktober 2018 elke Donderdag om 20:00 uit. Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram.