Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Bye-boer – Op my eish!

Nuus
30 Mei 2021
Vandeesweek in Op my eish! het Neels van die dames geneem op heuning te oes, ons kyk net hoe hierdie proses werk.
Untitled design

“The only reason for being a bee that I know of is making honey… And the only reason for making honey is so as I can eat it.”
– Winnie-the-Pooh (1926) deur A. A. Milne

Neels van Jaarsveld het van die Op my eish!-dames geneem om heuning te oes saam met die Overberg Honey Co.. Hoewel die aanhouding van bye, nie 'n heuning-oes waarborg nie, het die dames en Neels die kans gekry om hierdie soetigheid te kan oes. 

Deur middel van 'n taamlik vlytige proses maak heuningbye heuning vanaf plantnektar. Dié heuning word dan in die korf gestoor en tydens koue weer of droogte as voedselbron vir die korf gebruik. Gelukkig werk bye baie hard en maak hulle gereeld meer heuning as wat hulle nodig het, waardeur byeboere die oormaat dan kan oes.
Gemiddeld kan 'n byeboer verwag om jaarliks ongeveer 15L-heuning oes uit 'n gesonde kolonie in 'n vrugbare area.

Wanneer jy gereed is om die heuning te oes, moet jy eers die bye van hul korf af weg neem. Daar is verskeie maniere, maar in vandeesweek se episode het die span rook gebruik om seker te maak dat die bye hul korf verlaat. Sodra jy die heuning-raam verwyder uit die korf, gebruik jy 'n borsel om enige bye wat agter gebly het af te haal. Die rame word dan 15m weg van die korwe geplaas in die son. Jy kan die rame met dek met 'n handdoek om te verseker dat daar nie bye terugkeer na die raam nie. 

Die area waar jy die heuning oes, kan taai raak en moet heeltemal ontoeganklik vir bye wees. 'n Heuning-'extractor' is die vinnigste en skoonste manier om jou heuning te oes van die rame. Jy kan moontlik so masjien huur by jou naaste by-klub.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Neels se soeke na liefde in Op my eish! en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #OpMyEish te gebruik.