Die Britse aktrise Charlotte Salt gaan op 10 Maart 2016 die première van die nuwe Suid-Afrikaanse fliek Modder en Bloed by The Zone in Rosebank, Johannesburg, bywoon.
Wen kaartjies na die Modder en Bloed-première!
Charlotte vertolk die rol van Katherine Sterndale in Modder en Bloed.
Sy is bekend vir haar rolle in Amerikaanse televisiereekse soos Entourage, CSI: Crime Investigation en Wildfire. In Brittanje het sy die rol van die aksie-vrou Sam Nicholls in die mediese reeks Casualty vertolk en ook haar buiging gemaak in die periode-televisiereekse The Musketeers, The Tudors en Beowulf.
In Modder en Bloed is Katherine Sterndale die dogter van die goewerneur van St. Helena-eiland en sy simpatiseer met die Boere-gevangenes, terwyl sy haar eie demone uit die verlede in die gesig moet staar.
Katherine is ’n suffragette (’n vrou wat stemreg teweeg wil bring deur vreedsame protes) en is gekant teen die die manier waarop kolonel Swannell die Boere behandel. Gevolglik veg sy vir die mans se waardigheid en ook om die vuur van hoop in hulle aan te wakker.
Modder en Bloed speel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog af en vertel die verhaal van ’n groep brawe Boere wat op St. Helena in die Atlantiese Oseaan aangehou word.
Modder en Bloed word op 1 April 2016 landswyd in teaters uitgereik en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.
Kyk die lokprent hier.
Klik hier vir eksklusiewe Modder en Bloed-strokies.