Logo

Boer Soek ’n Vrou: ‘Vriende en familie is belangrik’

Nuus
20 November 2015
Twee dames onder een dak, maar waar pas die boere se familie en vriende in?
Ignus Famile
Twee dames onder een dak, maar waar pas die boere se familie en vriende in? Ons het die boere gevra of dit belangrik is dat hul naastes goed met hul potensiële lewensmaat oor die weg moet kom.

Hy is die een wat met sy besluit moet saamleef, sê PJ, maar hy sal verkies dat “almal oor die weg kom.” Sou iemand nie van haar hou nie? “Dis hulle keuse,” sê hy.

Derius en Niel stem saam: “Op die ou einde is dit jou eie besluit.”

Sy familie is baie tegemoetkomend, sê Christiaan, en het nog nooit probleme gehad met iemand waarmee hy in ’n verhouding was of ’n vriendskap aangeknoop het nie.

“My familie en vriende is so belangrik vir my,” sê Ignus. Hy meen hulle kommentaar gaan nie noodwendig iets maak of breek nie, maar “hulle gaan ’n groot rol speel in my lewe.”

Kyk die video hier onder, en onthou om elke Donderdag om 20:30 in te skakel vir Boer Soek ’n Vrou.