Die boere laat hierdie week hul plase agter om saam met hul gekose dames in Wildernis uit te span.
Die liefde is soos om aan die diep kant in te spring, en nadat die boere en dames mekaar weer te sien gekry het, is dit tyd om die koue water aan te durf en die adrenalien te laat bruis. Die hoë kranse word eerste aangedurf.
“Ek het my longe losgeduik,” sê Ignus. Christiaan sê: “Drie meter is baie hoër as drie meter, dink ek!”
Almal het die geleentheid om mekaar beter te leer ken. Hy is spyt hy moet vroeër teruggaan, sê Christiaan. “Hoe langer ons saam kuier, hoe lekkerder kuier ons saam as ’n groep.”
Luzaan meen Christiaan het “met ’n opregte hart” deelgeneem. Almal is vol fiemies, meen Derius: “Jy gaan nie iemand kies wat nie in jou prentjie gaan pas nie.”
Sy kan sien Ninke moes in haar vorige verhouding meer gee as wat sy ontvang het, sê Luzaan. Derius wil haar “op sy hande dra,” sê sy.
Christiaan meen Monja is baie volwasse, en van die ander deelnemers is dit eens dat Niel vir haar meer sekerheid moet gee. “Jy broei nie op ’n eier wat vrot is nie,” sê Derius.
Christiaan meen daar is potensiaal vir ’n verhouding tussen Ignus en Janli. Derius sê: “Hy (Ignus) sal definitief die ding meer ernstig moet benader.”
Oor PJ en Luzaan sê Monja: “Die vonkel is daar. As jy weet, weet jy.”
Nadia en Christiaan kry uiteindelik kans om op te vang oor die afgelope ruk se gebeure. “Ek weet nie of daar regtig ’n toekoms vir ons is nie,” sê die boer oor hom en Eslia. “Jy moet kan vriende wees,” sê hy, en dieselfde belangstellings deel.
Hy is glad nie spyt hy het deelgeneem nie, sê Christiaan. Hy meen die proses het hom gehelp om “innerlike huiswerk” te doen.
Dan is dit tyd vir die paartjies om weg te breek van die groep en alleentyd saam deur te bring. Ninke sê hoewel sy en Derius “uiteenlopende mense” is, is hulle nogtans pasmaats. “Niemand pas perfek bymekaar nie,” sê Derius, maar hy is nie daar “om met haar te mors nie.”
Monja meen sy en Niel is pasmaats, maar die week in Wildernis het ook vir haar die verskille tussen hulle uitgewys. Tog sê sy: “Dit bring ’n mens nader aan mekaar.”
Niel erken teenoor Nadia: Hy twyfel nog oor waar hy met Monja staan. “Ek is nie seker waar ek wil wees nie. Dit voel nie vir my of ek ernstig is nie,” sê hy.
Ignus het eers gedink dit gaan uitdagend wees om nóg ’n week saam te spandeer, maar hy meen hy en Janli kuier lekker saam en kom goed oor die weg. “Dis altyd lekker rondom hom,” sê Janli.
“Ek maak haar moeg,” sê Ignus vir Nadia. Sy is die “ernstige een” van die twee. “Hy is altyd positief,” sê Janli.
Sy voel nader aan PJ ná die vakansieweek, sê Luzaan, en dat hulle geleer het “waar ’n mens mekaar kan aanvul.”
PJ sê hy is baie opgewonde oor wat voorlê: “Sy is die mens vir my.”
Volgende week word die agtste seisoen van Boer Soek ’n Vrou met ’n reünie afgesluit. Skakel in op Donderdag 24 Desember om 20:30.