Logo

Boer Soek ’n Vrou: Uitspan in Mosselbaai

Nuus
06 Januarie 2017
Die boere en dames het dié week saam in Mosselbaai gaan vakansie hou, en tipies Boer Soek ’n Vrou was daar ’n verrassing of twee.
BSV 9 Ep12 Vakansie Feat

Die Diaz-hotel in Mosselbaai is die bestemming vir die boere en dames se wegbreekkans.

“Die ouens wat hier is, is die mense wat jy na jou bachelors eendag toe nooi – en nie na jou troue toe nie!” spot Hennie. “Dis ’n lekker klomp mense.”

Hennie het ’n meisie gekies wat goed by hom pas, sê Johannes.

Jacobu is in Duitsland, en kon nie die vakansie bywoon nie. Arno sê dit sou lekker gewees het om Jacobu daar te kon hê. “Dis ’n lekker week om te sien of daar rêrig iets van gaan kom.”

En Rob? “My girl is saam met Arno se girl,” sê die boer.

Sy sou dit geniet het om by almal aan te sluit, sê Maureen vir Minki. “Hy (Rob) dink nie ons persoonlikhede vul mekaar goed aan nie.”

“Maureen is lieflik,” sê Rob.

“Sy is nie iemand waarmee ek die res van my lewe gaan spandeer nie.

“Ek kan sien ek gaan haar op ’n stadium teleurstel, en dit werk nooit goed nie.”

Kyk die video:



Wanneer Hennie en Chantelle later met Minki opvang, deel Hennie Chantelle se verhoudingsraad: “Liefde is soos ’n poep. Jy force hom nie!”

Video: Kyk hier hoe het Hennie en Chantelle se alleentyd verloop.



Een van die boere wat nie genoeg briewe gekry het om aan te gaan met die hele proses nie, Cornè, is smoorverlief, en hy en Pauline sluit vandag by die top-vyf aan in Mosselbaai. “Van my kant af dink ek dinge is goed aan die gang,” sê Pauline. “Ek verstaan hom en hy verstaan my.”

Video: Kyk hier hoe het Cornè en Pauline se alleentyd verloop.



Is Johannes nog gelukkig met sy besluit? Minki het met hom gesels.



As groepaktiwiteit gaan die boere en dames saam uit op ’n boot om saam met die haaie te gaan duik – darem nie sonder ’n hok nie! Hennie raak effens seesiek, terwyl almal dink Leon-Fritz is die een wat die meeste op sy senuwees is oor die haai-storie.

Kyk die video:



Wanneer almal die volgende oggend weer saam uitspan, loer Jacobu met die hulp van tegnologie by Arno in. “Wat het jy aan?” vra die boer. “Jy kan nie sulke goed vra nie! Ek het jou amper gewys!” lag Jacobu.

Arno sê: “Daar is baie visse in die see, maar jy is my Nemo.”

Leon-Fritz en Chanté gaan saam op ’n helikopterrit, waarna ’n piekniek volg.

Later, wanneer hulle met Minki gesels, sê hulle dat hulle die tyd saam geniet omdat hulle presies weet waar hulle met mekaar staan.

“Daar is ’n verskil tussen die perfekte persoon en jóú perfekte persoon,” sê Chanté.

Op hierdie stadium is daar net ’n vriendskap, sê Leon-Fritz.

Maar julle flankeer dan met mekaar, sê Minki – wat nie heeltemal is wat vriende doen nie. “Ons is goeie vriende,” spot Chanté.

“Sy sou nie op die vakansie saam met my gewees het as daar nie chemistry was nie,” sê die boer.

Kyk die video:



34 bsv 9 ep12 vakansie

34 bsv 9 ep12 vakansie 2

34 bsv 9 ep12 vakansie 3

34 bsv 9 ep12 vakansie arno

34 bsv 9 ep12 vakansie corne

34 bsv 9 ep12 vakansie hennie

34 bsv 9 ep12 vakansie leon fritz

34 bsv 9 ep12 vakansie leon

34 bsv 9 ep12 vakansie minki



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.