Logo

Boer Soek ’n Vrou: Kry ons op sosiale media

Nuus
18 Oktober 2016
Tien boere van regoor die land hoop om hul deksel in die negende seisoen van die gewilde reeks Boer Soek ’n Vrou te vind – en jy kan hul liefdesreis op sosiale media volg!
Boer Social Media 2016
Tien boere van regoor die land hoop om hul deksel in die negende seisoen van die gewilde reeks Boer Soek ’n Vrou te vind – en jy kan hul liefdesreis op sosiale media volg!

Kykers is reeds in rep en roer oor die splinternuwe seisoen, wat op 20 Oktober 2016 om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) afskop. Die boere wat vanjaar deelneem is immers al in Mei bekendgestel en word bygestaan deur die nuwe aanbieder van die reeks, Minki Joubert.

Vir 13 weke lank kan jy elke Donderdagaand die drama, romanse en aksie op ons sosiale media platforms volg – waar ons eksklusiewe inhoud met kykers gaan deel. Jou kommentaar is vir ons belangrik, so kom gesels gerus saam!

Waar om ons te kry

Neem deel aan ons weeklikse peilings! Laai die kitsboodskapdiens WeChat (dit is gratis in Android of Apple se aanlyn winkels beskikbaar) af en gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg. Klik op die ikoon regs bo-aan kykNET se profiel en kies “Follow”. Nou kan jy gaan stem! Klik op “Stem Boer” om aan die peiling deel te neem en jou stem te laat hoor!

Kry ons op Facebook by facebook.com/boersoeknvrou (lees egter asseblief die reëls hier onder) en op Twitter by @boersoeknvrou. Gebruik die hutsmerk #boersoeknvrou.

Gebruik gerus ook die volgende hutsmerke wanneer jy oor vanjaar se tien boere gesels:

#BoerArno
#BoerCornè
#BoerErhard
#BoerHennie
#BoerJohan
#BoerJohannes
#BoerLeonFritz
#BoerPieter
#BoerRob
#BoerWessel

Volg vir Minki by @minki_vdwest.

Jy kan ons ook op Instagram volg by @kyknettv.

Reëls vir deelname aan Boer Soek ’n Vrou se Facebook-blad

Dankie vir jou deelname aan Boer Soek ’n Vrou se Facebook-blad! Lees egter die volgende reëls deeglik deur:

1. Geen haatspraak sal geduld word nie.

2. Moenie vernederende, kru of onvanpaste byname gebruik wanneer jy na Boer Soek ’n Vrou, die aanbieder of die deelnemers verwys nie.

3. Moenie ’n ander gebruiker van Boer Soek ’n Vrou se Facebook-blad in die verleentheid stel, dreig, vloek of seksueel teister nie.

4. Vir jou eie veiligheid, moet asseblief nie enige persoonlike inligting (ID-nommer, selfoonnommer of adres) op Boer Soek ’n Vrou se Facebook-blad deel nie. Dit sal verwyder word. Stuur liefs ’n private boodskap.

5. Negatiewe kommentaar, kommentaar van afbrekende aard of kommentaar wat ten doel het om vyandigheid aan te hits, mag gemodereer of verwyder word.

6. Dubbele plasings (navrae wat reeds beantwoord is of enige poging om gemorspos of “spam” te versprei) mag deur ons verwyder word.

7. Gebruikers mag nie valslik namens MultiChoice, DStv, M-Net, Don’t Look Down Productions of kykNET plasings doen nie. Gereelde oortreders sal van die blad verwyder word.

8. Antwoorde op enige plasings of gebruikers wat skuldig is aan die oortreding van bogenoemde reëls, wat ook die reëls oortree, sal dienooreenkomstig gemodereer word.

9. Geen gemorspos (“spam”) met aanstootlike foto’s of video’s sal geduld word nie. Skakels wat boonop niks met die program te make het nie, sal verwyder word.

10. As jy dink jy het ’n navraag wat reeds aangespreek is, besoek asseblief ons webblad www.kyknet.tv vir meer inligting.

11. Hierdie platform is ’n ruimte vir gebruikers om hul ervaring met ons en ander gebruikers te deel. Kom ons hou dit asseblief skoon.

Let wel: Enigeen wat die reëls gereeld verontagsaam, sal van die blad verwyder word.

Boer Soek ’n Vrou is van 20 Oktober om 20:30 op die kassie.