Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

Hoe om jou skaam boer aan die gesels te kry – Boer soek ‘n vrou

Nuus
07 April 2023
Nie al die boere is ewe uitgesproke of so ekstrovert soos Boer Louis M of Louis B nie. Soms, as 'n introvert, kom geselsies maak met ander nie altyd so maklik nie, maar net soos enige vlam moet jy partykeer eers 'n hulpmiddel gebruik om die vuur te stook.
Boer soek 'n vrou

Wanneer jy jouself saam met 'n skaam boer bevind soos Hennie of Philru kan jy hierdie wenke gebruik om die gesprek aan te hits:

Begin die gesprek met 'n kompliment om 'n vriendelike en positiewe omgewing te skep. Kyk wat hulle aan het of komplimenteer 'n fisiese eienskap wat jy aantreklik vind, soos hulle glimlag of oë.

Eindig jou stellings met 'n vraag wat nie net 'n “ja” of “nee” antwoord verg nie –  dit sal dan vir hulle die geleentheid gee om uit te brei oor hulle opinie. Vra vir hulle uit oor hulle opinies.

Weerspieël hulle lyftaal om hulle meer gemaklik te laat voel en begin stadig maar seker meer oopmaak soos wat hulle doen.

Gesprekspunte wat jy kan gebruik is:

- Reis en vakansie- plekke wat op julle “bucket list” is en hoekom julle soontoe wil gaan.

Van die beste dinge in die lewe kom vanuit ervarings en dit sluit avonture in. Selfs al het 'n persoon nog nie baie gereis nie, het hulle waarskynlik 'n plek of lys van plekke wat hulle graag wil besoek.

- Buitelewe en waarvan jy hou in die natuur.

Boere spandeer die meeste van hul tyd in die natuur, om hulle aan te spoor om interessante feite oor die buitelug en natuur te deel kan jy wys dat jy regtig omgee oor hulle lewenswyse en dit sal hulle meer gemaklik laat voel.

- Vermaak (boeke, flieks, musiek).

Om oor vermaak te praat is 'n klassieke gespreksonderwerp. Die beste deel is dat daar altyd nuwe programme, musiek of flieks uitkom, en dus sal jy gereeld iets nuuts hê om oor te praat. Wie weet, dalk ontdek julle 'n gesamentlike liefde vir 'n nuwe program.

- Kinder-herinneringe

Dit is soveel pret om te leer hoe mense as kinders was, en jy kan so ook meer uitvind oor hulle familie sodat jy weet wie hulle is as jy hulle ontmoet.  

Onthou om in te skakel vir Boer soek 'n vrou elke Donderdag om 20:00 slegs op kykNET (DStv-kanaal 144) en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.