Logo

Boer Soek ’n Vrou: Senuwees wat pla

Nuus
04 November 2016
In hierdie week se episode van Boer Soek ’n Vrou was dit duidelik dat blitsafsprake nie kinderspeletjies is nie.

In hierdie week se episode van Boer Soek ’n Vrou was dit duidelik dat blitsafsprake nie kinderspeletjies is nie.

Ons top-vyf boere het in ’n ligte luim verkeer voor hulle die tien briefskrywers wat hulle gekies het om te ontmoet elk vir vyf minute kon uitvra. Die spanningslyn was egter styf gespan, en kort voor lank het die senuwees begin praat.

“Ek het vergeet wat ek wou vra,” het Arno en Hennie op ’n stadium tydens ’n blitsafspraak erken. Vir Rob het dinge ook nie maklik gelyk nie. Ronél, een van die vroue wat ’n afspraak met Rob gehad het, het gesê dit het vir haar gevoel asof sy met Coenie de Villiers op Kwêla gesels; soos ’n onderhoud. Yolandi, ook vir Rob, het weer gedink Rob is baie skaam.

Leon-Fritz het vooraf gesê hy gaan “maar uit die heup uit skiet” wanneer dit by vrae kom.

Maar hoe belangrik is dit om vir ’n blitsafspraak voor te berei? Volgens ’n kenner, nogal belangrik, omdat jy wil hê die persoon moet goed voel in jou geselskap. Boonop moet die afspraak nie soos ’n onderhoud voel nie; jy moet “oop” wees oor jouself en gemaklik probeer voorkom.

Aanbieder Minki Joubert vertel meer oor hoe die blitsafsprake gewerk het, en hoe sy dink die boere gevaar het:



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.