Logo

Boer Soek ’n Vrou: Selfies en stofpad-pret

Nuus
28 November 2016
Die boere gee Boer Soek ’n Vrou-kykers ’n eksklusiewe kykie na wat agter die skerms gebeur!
BSV 9 Ep6 Minki Marlene

Waarmee hou die boere en vroue hulself besig wanneer die produksiespan klaar is met verfilming vir die dag? Hulle gryp na hul eie kameras, natuurlik!

Op Hennie se plaas het die boer die geleentheid gebruik om ’n pragtige foto saam met elk van sy dames te neem. Op dié foto’s lyk Marléne, Elizbé en Chantelle alte gemaklik langs Hennie, wat ’n mens nogal laat dink aan wat Marléne in verlede week se episode gesê het (dat ál drie vroue “baie mooi” by Hennie pas). Boonop het Marléne en Minki toevallig dieselfde pienk baadjies gedra – wat natuurlik die ideale foto-geleentheid was!

Dié boer en dames het dinge selfs verder geneem, toe Hennie sy bakkie parkeer het, Jay en Lianie May se “Naweeklyfie” hardop gedraai en saam met elk van die vroue in die stofpad gesokkie het.

Kyk die video hier:



Wanneer ’n mens so na Leon-Fritz se foto’s kyk, was die tema duidelik “braai”. Dié boer het foto’s van hom en sy dames in die veld om die braaivleisvuur gedeel, en ’n foto van Leon-Fritz by sy hond sal kykers se harte laat smelt!

Arno het foto’s van hom saam met Mareli, Jenny en Jacobu geneem, en ’n selfie saam met Jenny. Jacobu het ook per ongeluk die selfoon se kamera op haarself gedraai! Die boer en dames het verder veral foto’s van hul besoek aan ’n leeupark geneem.

Kyk hier na al die foto’s!


In dié video gesels die boere agter die skerms met ons oor die dames se beste eienskappe, en wat veral vir hulle uitstaan van elkeen:



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.