Logo

‘Binge’ die beste van Boer soek ’n vrou op ShowMax!

Nuus
31 Augustus 2016
Seisoen 7 en 8 van die gewilde reeks Boer soek ’n vrou is van 1 September 2016 op ShowMax beskikbaar!
BSV ShowMax

Jy’t nou seker teen dié tyd al gehoor dat daar ’n nuwe seisoen van Boer soek ’n vrou op pad is, en dat Minki Joubert dit gaan aanbied?

Maar het jy in dieselfde asem gewonder hoe jy jou gaan voorberei vir die nuwe seisoen, wat op 20 Oktober begin? Jy weet, mens kyk nie sommer net so Boer soek ’n vrou nie – jy moet seker maak jy is gereed vir al die drama en emosie, al die intrige en al die opwinding. En die enigste manier om jouself gereed te kry, is om vorige seisoene te binge-kyk.

Dis nou presies waar ShowMax inkom – seisoen 7 en 8 van Boer soek ’n vrou is van 1 September 2016 af op ShowMax beskikbaar! Dit is baie opwindende nuus vir julle by die huis in Suid-Afrika, asook ons Suid Afrikaners oorsee! Nou kan jy agteroor sit en sonder ophou kyk hoe die boere kopkrap en die nooiens pronk, hoe die naels uitkom en die charm oopgedraai word.

Werk deur die hele box set sodat jy fiks is vir vrou-soek wanneer Minki en die nuwe boere in seisoen 9 die soektog aanpak. Vrou-soek is nie perde koop of ploeg of oes nie. Maar om te kyk hoe die dinge loop is so maklik soos val-uit-’n-boom-uit: Teken in op ShowMax vir al die aksie en kry jouself gereed vir seisoen 9 hierdie Oktober op kykNET.

Vir meer inligting, klik hier.