Logo

Boer Soek ’n Vrou: Ook sy vriend

Nuus
02 Desember 2016
Die boer se vrou het ’n veel groter rol as die tradisionele op ’n plaas – só gesels die vroue wat by ons vyf boere kuier.
BSV 9 Ep7 Boer se Vriend

Die boer se vrou het ’n veel groter rol as die tradisionele op ’n plaas – só gesels die vroue wat by ons vyf boere kuier.

“Ek glo nie dit moet haar enigste werk wees nie,” sê Jenny, wat op Arno se plaas kuier. “Sy kan help waar sy kan, maar nie om oor te neem nie.”

Jacobu meen tye het verander en dat dit nie die boer se vrou se plig is om huis skoon te maak en heeldag agter die kospotte te staan nie. ’n Vrou moet steeds haar passie volg, maar daar wees vir “liefde en ondersteuning”.

Marna, vir Leon-Fritz, dink ook nie die rol van die vrou op die plaas is meer tradisioneel nie. Sy sal graag haar eie beroep wil hê, maar meen alles kom neer op ’n “vennootskap” tussen hom en haar.

Chanté gebruik haar ma en pa as voorbeeld. “My ma ondersteun my pa regtig baie mooi.”

Dis beslis nie altyd maklik op die plaas nie, en dis iets waarop Elizbé, een van die oorblywende dames op Hennie se plaas, klem lê. “Sy moet haar man se beste vriend wees.”

Chantelle meen die vrou moet vir die boer wys “waar sy krag vandaan kom”. Sy moet ondersteunend wees en hom kan motiveer, veral in moeilike tye.

Danielle, vir Johannes, dink die vrou se rol is om die boer by te staan en uit te help, maar sy moet haar ook met haar eie dinge kan besig hou. Marga stem saam: Sy kan “steeds haar eie stokperdjies op ’n plaas uitleef.”

Maureen, wat by Rob kuier, dink ’n vrou kan skoonheid, liefde en ondersteuning na ’n plaas bring.

Kyk die volledige video hier:



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.