Logo

’n Goeie liefdesoes wink, maar ook intriges… – Boer soek 'n vrou

Nuus
07 Desember 2021
Boer Soek ’n Vrou se 14de seisoen skop op Donderdag, 13 Januarie 2022, om 20:00 op kykNET af
Boer soek 'n vrou S14

Die aftel na die 14de seisoen van kykNET se gewilde maatsoekprogram, Boer Soek ’n Vrou, het begin!

Wanneer Boer Soek ’n Vrou op Donderdag 13 Januarie 2022 om 20:00 op kykNET begin, gaan kykers oor 13 episodes ’n reis van mooi liefdesstories kan volg, maar soos dit met menige boerdery gaan, is daar die moontlikheid van ’n misoes of twee… Daar beloof dus om genoeg liefdesdrama en -intriges ook te wees. 

Marciel Hopkins trek ook vir die tweede keer haar plaasskoene as aanbieder aan en ouder gewoonte sal die reeks grootliks op die vyf boere, wat die meeste inskrywings ontvang het, fokus.

Anders as 2021 se reeks, waar die Covid-19-pandemie Marciel verhoed het om die boere op hul plase te besoek, gaan sy dié keer soos haar voorgangers weer op die boere se plase besoek aflê.

“Dit was heerlik om die reaksies van die briewe en pakkies in persoon te kon beleef - sjoe, van die manne het lekker gebloos!” vertel Marciel.

Volgens haar gaan die nuutste seisoen van Boer Soek ’n Vrou  ’n ligpunt vir kykers in ’n onsekere tyd wees, want dit vertel weer eens “verhale van hoop”.

“Ek is ongelooflik opgewonde oor die nuwe seisoen van Boer Soek 'n Vrou, en ek het soveel pret saam met die boere op hul plase gehad,” sê sy.

“En dit voel asof ek hulle beter kon leer ken het in die proses.”

Vanjaar se boere soek se ouderdomme wissel tussen 23 en 53, terwyl die provinsie wat die meeste boere opgelewer het die Vrystaat is. Daar is ook een vroulike boer, Mary-Lou van die Paarl, onder die top-tien boere.

Boer Soek ’n Vrou se 14de seisoen skop op Donderdag, 13 Januarie 2022, om 20:00 op kykNET af.