Logo

Boer Soek ’n Vrou: Kykers sê hul sê op WeChat

Nuus
03 November 2016
Watter boer het kykers as hul gunsteling uitgesonder? Lees hier wat Boer Soek ’n Vrou-kykers op WeChat te sê gehad het.
BSV WeChat 2016

Boer Soek ’n Vrou-kykers kan weekliks deelneem aan ons WeChat-peiling! In die eerste episode van die negende seisoen, het aanbieder Minki Joubert die tien boere op hul plase gaan besoek.

Ons wou op WeChat by kykers weet watter van vanjaar se hubare boere hul gunsteling is. Só het julle gestem:

Arno – 22% van die stemme;
Hennie – 22%;
Johannes – 22%;
Wessel – 22%; en
Pieter – 11%

Die week daarna het Minki posduif gespeel en die briewe by die boere gaan aflewer. Die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, gaan voortgaan met die verfilmingsproses. Die ander vyf kan op hul eie tyd deur die briewe werk.

Arno, Hennie, Johannes, Leon-Fritz en Rob is as die top-vyf aangewys, en op WeChat het ons kykers se gevoel daaroor getoets. Hier is wat julle gesê het:

Ek is mal oor die top-vyf, en het dit sien kom! – 50% van die stemme;
Ek is verras oor ’n paar, maar is nogtans gelukkig – 25%;
Ek is teleurgesteld – 0%; en
Dit maak nie saak nie – ek kyk die program in elk geval! – 25%

Hierdie week vra ons: Is dit moontlik om binne vyf minute te weet of iemand ’n pasmaat vir jou kan wees?

Wil jy deelneem? Laai dan die kitsboodskapdiens WeChat (dit is gratis in Android of Apple se aanlyn winkels beskikbaar) af en gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg. Klik op die ikoon regs bo-aan kykNET se profiel en kies “Follow”. Nou kan jy gaan stem! Klik op “Stem Boer” om aan die peiling deel te neem en jou stem te laat hoor!

Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.