Logo
kN Digital Banners Template Die Byl 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Die Byl

144Misdaad16 VL

Byl laat kykers op hul skerms gil

Nuus
05 Julie 2021
Hoe voel kykers na die laaste episode van Die Byl se (naelbyt) derde seisoen?
SP BB 1600x800 Die Byl

Dinsdagaand se laaste episode van Die Byl se derde seisoen het kykers op die punte van hulle stoele gehad. Reaksie op kykNET se Facebook-blad het veral gewys hoe die reeks en sy karakters kykers ingetrek het.

“Ek het penregop voor die TV opgeëindig,” het Rozanne Dreyer geskryf. “Daar as nie eers social distance tussen my en die karakters nie, so naby aan die TV was ek. Drie van my pajama-top se knope in my hand soos ek gekoes en ge-fight het op die einde. Geskreeu asof dit die finals van die Rugby World Cup was. Die woordjies ‘o, my donner’ soos ‘n komma gebruik. En ‘n 2-ply toiletpapierrol deur gehuil.”

“Sjoe, my arme kinders het hulle doodgeskrif vir my wat in die kamer sit en skree om die wetter te skiet! Elke nou en dan pop ‘n bekommerde gesig in om te kyk of hulle ma nog oraait is,” sê Yolanda Venter. “My hart het lanklaas so vinnig geklop! Uitstekende reeks! My hart is stukkend oor Fritz!”

“Skiet! Skiet! Jaaaaaaa! Nóg! Skiet nóg! Skiet jou d*nnerse pistool leeg! En dan met syne. Skiet net!!!!! En dan beweeg Adriaan se oë. Hey? Kom terug! Kom skiet nóg! Die ou leef nog – gaan terug! F*kt*g! My senuwees sal dit nie hou en ons swear jar het my beursie nou dolleeg”, was Annari Kriel-Combrink se kommentaar.

Melissa van Dyk het laat weet sy hekel al vinniger en Neva van der Merwe het geskryf dis die beste kykNET-reeks. “I even forgot about my tea that got cold. Brilliant.”

Die groot vraag is natuurlik of daar nog ‘n reeks kom? Wie was die man in die masker en wie hou vir Byl en Nicky dop? Net tyd sal leer …

Om dié aksie-belaaide seisoen van die begin af te kyk, gaan nou na die DStv-app toe vir jou volgende 'binge'-sessie...