Logo

Boer Soek ’n Vrou: Kamertoer

Nuus
06 November 2015
Die vroue het ons op ’n eksklusiewe toer deur hul kamers op die plase geneem.
BSV Ep6 Kamertoer
Die vroue het ons op ’n eksklusiewe toer deur hul kamers op die plase geneem.

Amalia, Eslia en Simoné kuier op Christiaan se plaas en het elkeen hul eie kamer. Dié kamers is huislik ingerig en ruim, met meer as genoeg pakplek. Eslia kan selfs in die aande sterre kyk, en elkeen spog met die juwele wat Christiaan vir hulle as geskenke gegee het.



Op Derius se plaas het die dames elkeen hul eie kamers en as geskenke het hulle onder meer ’n kamera en ’n serp gekry. Sy kan nie op ’n plaas wees sonder haar Rossi-plaasskoene nie, sê Ninke. Maryke kan weer nie sonder haar haardroër klaarkom nie.



Chrizelda kuier op Ignus se plaas en is gek oor serpe. “My hele tas is vól serpe,” sê sy. Sy het ook gemaklike skoene ingepak. Janli sê sy het niks “spesiaals” ingepak nie, maar daar is beslis genoeg warm klere. Marli het Ignus se kamer gekry. Sy het ’n motiveringsbriefie van haar ouers ontvang, wat haar gaan help om die plaaskuier te “oorleef”.



Niel het ’n kreatiewe manier gekry om kamers aan die vroue toe te ken. Monja het haar eie kamer gekry, terwyl Andrea en Loraine moet deel. “Ek dink nie my klere gaan in die kas pas nie,” sê Andrea. Niel het hulle behoorlik met badgoed bederf, maar Loraine dink sy ma het hom dalk gehelp om die geskenke uit te kies.



PJ het self die blomme in die vroue se kamers uitgekies, vertel Luzaan. Sy kom van die Oos-Vrystaat en kén die koue. “Dit is ongelooflik koud hier!”

Michán en Noelle deel ’n kamer op PJ se plaas. Sy weet nie hoe PJ dit reggekry het om vir haar ’n baadjie te kry wat perfek pas nie, sê Noelle.



Kyk Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:30.