Logo

Boer Soek ’n Vrou: Grappies op ’n stokkie

Nuus
25 November 2016
Dié week op Boer Soek ’n Vrou was dit duidelik dat die plase nie net pret en plesier inhou nie – ’n moeilike keuse lê vir ons boere voor.
BSV 9 Ep6 Arno 01

Op die meeste plase is die atmosfeer lig, maar die boere raak ál meer bewus van die moeilike keuse wat volgende week voorlê.

Volgens Elizbé is daar die vorige aand op Hennie se plaas “dieper vrae” gevra, en kon die vroue en die boer mekaar beter leer ken. Marléne sê Hennie is nie net grapperig nie; hy het beslis ’n ernstige sy ook.

Hy kan homself saam met elk van hierdie drie vroue sien, sê Hennie, wat dinge nogal bemoeilik.

Hennie laat die vroue elk ’n kans agter die stuurwiel waag wanneer hulle ’n 4x4-roete aandurf. “Aan die begin was ek maar skrikkerig, maar toe besluit ek maar net ek gaan dit laat gaan. Wat sal dit nou help? Hulle is agter die stuurwiel!” lag Hennie.

“Hoekom keer jy so? Jy is soos my ma!” sê Marléne, waarna die boer uitbars van die lag.

Later bederf Hennie die vroue met ’n romantiese piekniek. “Beter kon ek dit nie doen nie,” sê Chantelle.

Volgens Elizbé laat die boer haar dink aan ’n meerkat, “want hulle hardloop heeltyd rond en spring heeltyd op.

“Maar dis ’n goeie ding.”

Chantelle meen dit raak taai op hierdie stadium van die wedstryd. “Jy raak maar emosioneel aangetrokke tot ’n persoon.”

Marléne dink elk van die vroue “pas baie mooi by hom.”

Hennie sê die “tonnel raak donkerder” – veral omdat hy weet hy gaan binnekort ’n belangrike besluit moet neem.

34 bsv 9 ep6 hennie 01

34 bsv 9 ep6 hennie 02

34 bsv 9 ep6 hennie 03

34 bsv 9 ep6 hennie 04



Leon-Fritz het ’n spa-verrassing vir die vroue wat by hom op die plaas kuier. Hulle word verder verras wanneer die boer later inloer.

“Hy sal haar (sy toekomstige vrou) op die hande dra,” sê Tanya. “’n Pa sal gerus voel om sy dogter oor te gee aan Leon.”

Volgens Leon-Fritz het hy dié aktiwiteit gekies om so veel as moontlik tyd saam met die vroue deur te bring. “Ek kon deel van die ervaring wees.”

Later klim die klomp in ’n kabelkarretjie, om die omgewing van bo af te bewonder. “Ek is baie stout vir ’n goeie uitsig,” sê Leon-Fritz.

Dié boer hanteer almal op dieselfde manier, meen Marna. Dis vir Chanté ook opvallend hoe die boer elkeen van die vroue ’n gelyke kans gee.

“Hierdie man weet wat hy wil hê,” sê Tanya.

Leon-Fritz meen daar kom “bietjie meer erns na vore.”

Die dames vra hom uit oor sy “liefdestaal”, waarop hy antwoord: Geskenke en kwaliteit-tyd.

Iemand met sy kwaliteite is “bitter skaars,” sê Marna. “Dit sal sleg wees vir my om nie iemand soos hy verder te leer ken nie.”

Dis vir haar “mooi” om te weet daar is nog mans wat beginselvas is, sê Chanté.

“Ek glo ek weet wat om te doen,” sê die boer.

34 bsv 9 ep6 leon 01

34 bsv 9 ep6 leon 02

34 bsv 9 ep6 leon 03

34 bsv 9 ep6 leon 04



Op Rob se plaas moet die boer ’n trop koeie én drie vroue in toom hou.

Sy ideale maat hoef nie in elke plaasaktiwiteit belang te stel nie, sê Rob, maar dit sal lekker wees as sy later ’n “passie vir die plaas” kan hê.

Volgens Maureen is daar ’n onderliggende spanningslyn wat ál stywer getrek word soos wat die tyd aanstap. Elizna dink weer al drie vroue is vandag stiller as gewoonlik.

Estelle dink daar is iets wat Rob krap. “Miskien is ons bietjie oorweldigend,” sê sy.

Sy en Estelle skuif die grense effens, sê Maureen. Sy meen Rob laat nie iemand maklik naby hom toe nie.

Hy hou van iemand wat haar “eie wil het,” sê Rob tydens die groep se plaasaktiwiteit. Hulle moet egter steeds oor die weg kom, en nie koppe stamp nie.

Dit gaan moeiliker wees om huis toe te gaan, sê Estelle, “want ek kan myself 100% hier op die plaas sien.”

34 bsv 9 ep6 rob 01

34 bsv 9 ep6 rob 02

34 bsv 9 ep6 rob 03

34 bsv 9 ep6 rob 04



“Op dié stadium is dit nog ’n droom om drie in die huis te hê,” sê Arno. “Die droom sou dalk lekkerder gewees het as hulle ’n bietjie rondgeloop het in die nag ook!”

Hier en daar maak die meisies meer oop; ander trek weer terug, maar Jacobu “praat nog ons ore van ons koppe af!”, lag die boer. “Sy is nog net haarself.”

Die boer neem die vroue om leeus van nader te bekyk. “Dit het my dag gemaak,” sê Mareli.

Arno het ook nie brieke nie, want ná sjampanje, ontbyt en leeus lê ’n helikopterrit voor. Dis vir hom ’n lekker manier om dit vir die vroue spesiaal te maak, sê die boer. Hy kon ook sy wêreld vir hulle binne 15 minute wys.

“Die proses is moeiliker as wat ek gedink het,” sê Jenny. “Jou hart is op die spel.”

Die boer sê: “Ek het nie ’n idee wat ek gaan doen nie. Ek is bietjie stiller as wat ek gister was.”

34 bsv 9 ep6 arno 01

34 bsv 9 ep6 arno 02

34 bsv 9 ep6 arno 03

34 bsv 9 ep6 arno 04



Op Johannes se plaas dink hy die meisies “lyk heel gelukkig.”

Wynproe is eerste op die agenda en ’n bootrit daarna. “Ek en Danielle het dit baie geniet,” sê Marga.

Dit het egter vir die boer gevoel of die vroue terughou en nie te vinnig aan ernstige gesprekke wou deelneem nie.

Sy dink nie daar gaan iets tussen haar en Johannes ontstaan nie, sê Danielle.

“Hy oordink dinge en is baie ernstig,” sê Marga.

Dit wil lyk asof dié drie sukkel om mekaar te verstaan. Hy wou die dames uitlok om te gesels, maar dit het later vir hom gevoel asof hulle hom wou “vaspen”, sê Johannes.

“Jy het dan gesê ek praat te veel,” sê Marga.

“Dis nie wat ek gesê het nie!” skerm Johannes. “Ek het maar net bedoel om te sê jy was baie op jou senuwees.”

“Ek het nie bedoel om lelik te wees nie,” sê Marga, en dink die boer het dit dalk net verkeerd opgeneem.

“Hy het baie rustig voorgekom in sy video,” sê Danielle.

“Dit was skrikwekkend om te sien hoe vinnig die dames mekaar se kant gekies het,” meen die boer.

34 bsv 9 ep6 johannes 01

34 bsv 9 ep6 johannes 02

34 bsv 9 ep6 johannes 03



Volgende week is dit tyd vir die boere om een van die vroue huis toe te stuur. Gaan hulle reg kies?

Dis lekker op die plaas, so ons toets die vroue se reaksies! Kyk die video:




Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.