Logo

Boer Soek ’n Vrou: Een bly agter

Nuus
23 Desember 2016
Só kom die week op die plaas tot ’n einde – ’n emosionele dag vir die boere, dames én Minki.
BSV 9 Ep10 Feature

Só kom die week op die plaas tot ’n einde – ’n emosionele dag vir die boere, dames én Minki.

Johannes het al verlede week sy finale keuse gemaak, en vir Danielle en Marga huis toe gestuur. “Ek wil nie tyd mors nie. Ek wil aangaan met my lewe ook,” sê die boer vir Minki.

LEES OOK: Boer Soek ’n Vrou: Geluk, nie misluk

Jenny sê oor Arno: “Teen vandag weet hy vir seker (wie hy moet kies)”.

Wat sal sy vir Arno wil sê as hy haar kies? wil Minki by Jacobu weet. “Ek sal nie vir hom ietsie wil sê nie; ek sal maar vir hom ’n oopbeksoen gee!” lag Jacobu. “Ek gaan jou hou by daai een!” sê Minki.

Minki vra vir Jenny uit oor die drie se krismisbed. “Ek belowe ek het nie styf langs hom gelê nie,” sê Jenny. “Jy moes!” lag Minki.

Dan word dit tyd vir die boer om te kies en hy vra vir Jacobu om agter te bly. Hy sê Jenny is ’n “ongelooflike mens”, maar hy het ’n sterker konneksie tussen hom en Jacobu gevoel. “Dankie dat jy bereid was om jou hart op die spel te sit,” sê Arno.

Jenny sê vir Minki: “Ek is moeg. Ek is bly dit is nou verby.”



Hulle ervaar al drie rustigheid in hul harte, sê Marna. “Ons verstaan dis niks persoonlik nie.”

Sy sal steeds vir Leon-Fritz ’n vriendin wees as hy haar nie kies nie, sê Marna vir Minki.

Die proses is vir haar makliker omdat die boer weet wat hy wil hê, sê Chanté.

Marna meen sy en Chanté pas by dié prentjie in. “Dis maar die klein goedjies wat ons sal onderskei van mekaar.”

’n Mens kan “berge versit” met die ondersteuning van ’n vrou, sê Leon-Fritz.

Hy stuur vir Marna huis toe. “Dis maar sleg op daai oomblik, maar ek het vrede in my hart,” sê sy. “Chanté is ’n ongelooflike meisie.”



Elizna sal nie omgee om langer op Rob se prentjiemooi plaas aan te bly nie, maar sien ook uit om weer by die huis te kom sodat sy haar kinders kan sien.

Rob het haar gemaklik laat voel oor wie sy is, sê Elizna vir Minki.

Maureen dink Rob is beslis reg vir ’n verhouding, maar dit gaan op sy eie tyd gebeur.

Elizna stem: “Hy sal vir die regte persoon oopmaak.”

Haar “vroulike instink” sê vir haar Maureen is die een, sê Elizna met trane wat by haar oë opdam. “Ek sal hulle graag wil saam sien,” sê sy. “Selfs die honde het al gekies.”

“Elizna, ek gaan jou nie vra om langer te bly nie,” sê Rob. “Dit was baie nice om jou te ontmoet. Ek dink jy moet maar bietjie kom kuier.

“Ek het die tyd saam met jou waardeer.”

Sy is nie vir een oomblik spyt nie, sê Elizna vir Minki. “Ek het ’n vriend gemaak vir lewe.”



Hennie, Elizbé en Chantelle kyk terug na die week op die plaas en kyk weer na ’n video van hulle wat saam met Hennie sokkie – sommer so in die stofpad in Willowmore!

Hy het nie ten volle gesien wie en wat sy kan wees nie, dink Chantelle. “Die laaste dag kom definitief te gou.”

Elizbé meen sy sal tevrede wees met Hennie se besluit, omdat hulle goeie vriende geraak het.

Chantelle glo sy is die een wat vandag huis toe gestuur word. Minki raak tranerig wanneer sy vir haar sê sy is trots op haar. “Moenie my maak huil nie, Minki!”

Sy is verras wanneer Hennie vir Elizbé huis toe stuur. Elizbé sê vir Minki sy is “baie bly” vir Chantelle en Hennie, omdat sy dink hulle beter by mekaar pas.



Dis “hartseer”, sê Chantelle. Sy dink Elizbé is ewe onkant gevang.

34 bsv 9 ep10 johannes

34 bsv 9 ep10 arno 1

34 bsv 9 ep10 minki 2

34 bsv 9 ep10 arno 2

34 bsv 9 ep10 hennie 1

34 bsv 9 ep10 feature

34 bsv 9 ep10 hennie 2

34 bsv 9 ep10 hennie 3

34 bsv 9 ep10 leonfritz 1

34 bsv 9 ep10 leonfritz 2

34 bsv 9 ep10 minki 1

34 bsv 9 ep10 rob 1

34 bsv 9 ep10 rob 2

34 bsv 9 ep10 rob 3


Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.

Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.