Logo

Boer Soek ’n Vrou: Drie vir elk

Nuus
06 November 2015
Elke deelnemer verskil van die ander. Só gesels die boere oor die dames se eienskappe.
BSV Ep6 Boere Dames

Elke deelnemer verskil van die ander. Só gesels die boere oor die dames se eienskappe:

Volgens Christiaan is Amalia die vrou wat die kat eers goed uit die boom kyk, Simoné iemand wat die bul sommer by die horings pak en Eslia “iets in die middel”. Al drie het egter baie lewenservaring opgedoen en sal ewe goed op die plaas kan aard.

Dit moeilik om op dié stadium ’n opinie van elkeen te hê, meen Derius. Dis ’n tydsame proses, sê hy, en hy gaan die dames eers beter moet leer ken.

PJ se dames is “al drie baie pragtig,” sê hy. Hy het Noelle se aansteeklike lag en haar vriendelikheid opgemerk. Michán is ’n “sagte mens”, terwyl Luzaan iemand is wat graag leiding neem.

Niel beskryf Andrea as “lewendig” en geselserig. “As dit nie vir gesels was nie, sou ons nêrens gekom het nie,” sê hy. Loraine is stillerig, maar as “sy ’n ding wil sê sal sy haar opinie gee”. Hy meen Monja het ’n goeie geaardheid.

Ignus sê hy het vir Marli gekies weens haar “sprankelende persoonlikheid” en lus vir die lewe. Janli is ’n mooi mens van ’n mooi wêreld, sê hy, terwyl die meer teruggetrokke Chrizelda “laat waai” wanneer sy die kans gegun word.



Kyk Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:30.