Aanbieder Nadia Beukes het vroeër vanjaar die land deurkruis om tien boere op hul plase te ontmoet en van nader te leer ken.
Klik hier vir ’n terugblik.
PJ, Niel, Ignus, Christiaan en Derius het genoeg briewe ontvang om verder aan die proses deel te neem. Herleef die oomblike weer hier.
Die top-5 kon elk tien gekose briefskrywers vir blitsafsprake ontmoet. Gou het die boere agtergekom presies hoe vinnig vyf minute verbygaan, en moes aan die einde van dié opwindende dag die vyf dames kies wat hulle beter wil leer ken. Klik hier vir meer.
Van hier af het dinge beslis nie makliker geraak nie, en ons boere moes drie dames uitsonder om by hulle op die plaas te gaan kuier. Herleef weer die spanning hier.
Op die plase is die dames op interessante maniere verwelkom. Waar sommiges bokdrolle moes spoeg om die hoofslaapkamer los te slaan, het dit vir ander van ’n troeteldier-apie afgehang.
Die week op die plase was beslis nie sonder opwinding nie, maar op van die plase het die emosies sommer van dag een af hoog geloop. Kyk hier.
Drie kuiergaste het twee geword en die dames het die boere se familie en vriende ontmoet.
Op van die plase het die reis na die finale keuse te lank geword, en groot besluite is voortydig geneem. Só was kykers geskok toe Maryke aankondig sy gaan Derius se plaas verlaat, en op PJ se plaas het hy besluit om die dames nie langer aan ’n lyntjie te hou nie – hy voel seker oor Luzaan. Klik hier om dié oomblikke weer te herleef.
Vir die ander boere het die druk by tye te veel geword, maar belangrike besluite moet geneem word.
Derius en Ninke, Ignus en Janli, Luzaan en PJ en Niel en Monja het ’n selfs groter stap geneem en die rolle was omgeruil toe die boere by die dames se mense gaan kuier het. Kyk hier.
Christiaan se liefdesreis het tot ’n einde gekom, en Eslia het besluit om hom nie te nooi om haar ouers te ontmoet nie. Hy dink nie hulle is ideale pasmaats nie, het die boer gesê.
Uiteindelik kon die boere en dames saam met vakansie gaan, en die groep het in Wildernis gaan uitspan.
Al was die omgewing hóé idillies, was daar verhoudings waaroor Nadia effens bekommerd was. Niel het teenoor haar erken hy voel onseker, terwyl Derius gesê het dis moeilik om Ninke te kry om teenoor hom oop te maak.
Al tien boere het vir oulaas byeengekom vir die reünie, en Nadia was opgewonde om te sien wie se liefdesbootjies nog op die water is en hoe dit ook met die vyf ander boere gaan.
Die boere, hul metgeselle en Nadia het ’n glasie geklink op die liefde en die einde van nóg ’n seisoen. “Elke jaar is daar ’n groep baie spesiale mense, wat my in hulle harte en in hulle lewens toelaat,” het Nadia gesê. “Die opregtheid en die eerlikheid vang my elke jaar onkant.”
Tot volgende jaar! Hou gerus die webblad dop vir nuus.