Logo

Boer Soek ’n Vrou: Die plaasvrou

Nuus
13 November 2015
Plaaslewe is nie vir enigiemand beskore nie en die dames van Boer Soek ’n Vrou het met ons gesels oor wat hulle dink die vrou se rol is op die plaas.
Screen Shot 2015-11-12 at 7.36.59 nm.
Plaaslewe is nie vir enigiemand beskore nie en die dames van Boer Soek ’n Vrou het met ons gesels oor wat hulle dink die vrou se rol is op die plaas.

Dit is duidelik dat die boere nie net opsoek is na metgeselle nie, maar ook na iemand opsoek is wat sal aanpas op die plaas.

Ninke, een van die dames wat op Derius se plaas kuier, het gesê dat die vrou se rol op die plaas verander het. “Jy moet nogsteeds jou hand op die huis hê,” het sy egter gesê.

Luzaan kuier in Ficksburg by PJ en het self op ’n plaas grootgeword. Sy is gereed om die plaaslewe aan te pak en het gesê dat die plaasvrou iemand is wat ondersteuning bied in tye van nood.

Loraine, een van Niel se dames, het ook gesê dat dit belangrik is om ’n boer op die plaas by te staan en te ondersteun en Eslia, een van die dames wat Christiaan gekies het, was van dieselfde mening.

Monja is ook een van die dames wat Niel plaas toe genooi het. Sy glo ’n plaasvrou moet goed kan bak en brou terwyl Maryke, ook een van Derius se dames, verstaan dat dit soms moeilik kan gaan op die plaas.

Marli het gesê dat sy hulp sal bied, maar dat ’n beroep tog beoefen kan word afgesien van die lewe op Ignus se plaas. Simoné vind aanklank hierby, en sy is bereid om haar passie vir bemarking toe te pas op Christiaan se plaas.

Janli, een van die dames wat hoop om op Ignus se plaas te bly, het gesê dat dit van elke man afhang. Sy meen sy is nie uitgeknip vir die rol van huisvrou nie.

Kyk na die volledige gesprekke hier onder: