Logo

Boer Soek ’n Vrou: Die omgewing maak die boer

Nuus
15 Desember 2016
Minki het heerlik op die boere se plase gekuier en dikwels ook in die nabygeleë dorpies gaan draai. Ons het met haar gesels.
BSV 9 Ep9 Minki en Dorpe

Minki het heerlik op die boere se plase gekuier en dikwels ook in die nabygeleë dorpies gaan draai. Ons het met haar gesels.

As aanbieder het Minki al keer op keer die land deurkruis. “Dis vir my so lekker om deur die land te ry – en ek herken so baie van die klein dorpies!” sê sy.

Die melkboer Rob (39) kom van Knysna – ’n dorp wat heerlike doendinge vir toeriste bied. “Ek is mal oor die Tuinroete,” sê Minki. “Ons het heerlik oesters geëet.”

Leon-Fritz (29) het ’n gemengde boerdery in die Roedtan-omgewing in Limpopo. Marble Hall was ’n eerste vir Minki.

Dit het haar opgeval hoe droog dit daar is (as Kapenaar is sy gewoond aan winterreën en nat, koue dae). Dit was “hartseer” om te sien, sê sy.

Híér kon sy egter met “kaalmoue” rondloop en sommer stap van die een gastehuis na die ander.

“Dit voel vir my soos bosveld,” sê Minki – iets waarvoor sy baie lief is.

Johannes (27) van Robertson boer met wyn en vrugte. “Dis lekker naby aan die Kaap, so ek was al by ’n paar Wacky Wine Festivals hier,” sê Minki. “Ek het al baie lekker goed hier beleef.”

Arno (26) is van Newcastle. Dié boer se plaas is “ongelooflik mooi”, sê Minki. Hulle het nie baie tyd in Newcastle deurgebring nie, maar wel in die Vrystaat (die boer se plaas grens ook aan dié provinsie). “Dit was rêrig ’n ongelooflike ervaring”.

Hennie (26) is ’n veeboer van Willowmore. Dié dorpie is vir haar “baie spesiaal”. Haar ouers en twee dogtertjies het saamgekom toe die span Willowmore besoek het. “Ek is baie lief vir die Karoo,” sê sy. “Ons het self nog nie die Baviaanskloof gaan ry nie, maar ek weet dis baie gewild.”



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.