Logo

Boer Soek ’n Vrou: Die einde van hoop

Nuus
13 November 2015
Ons het met aanbieder Nadia Beukes gesels oor haar gedagtes rondom die dames wat vandeesweek op Boer Soek ’n Vrou huis toe moes gaan.
Screen Shot 2015-11-12 at 4.17.47 nm.
Ons het met aanbieder Nadia Beukes gesels oor haar gedagtes rondom die dames wat vandeesweek op Boer Soek ’n Vrou huis toe moes gaan.

Vir Nadia is dit die moeilikste deel van die proses wanneer die meisies die plase moet verlaat. Sy het gesê dat elke dame hul harte op die spel plaas. Sy meem dat elke dame se hoop tot ’n einde kom wanneer sy moet huis toe gaan.

Derius het besluit om Carmen huis toe te stuur en sy het gesê: “As ek vandag hier wegstap is dit régtig reg, want dit is wat die Here wil hê, en dit sal wees”.
34 screen shot 2015 11 12 at 4.17.47 nm.


Noelle, een van die dames wat PJ huis toe gestuur het, het gesê: “Ek is wie ek is. Wat kan jy nou wegsteek. Dit gaan inelkgeval later uitkom”.
34 screen shot 2015 11 12 at 4.25.52 nm.


Andrea het vandeesweek Niel se plaas verlaat. Sy het gesê: “Ek beskerm maar eintlik my hart”.
34 screen shot 2015 11 12 at 4.32.10 nm.


Christiaan het vir Amalia gevra om huis toe te gaan en sy het gesê: “Dit was ’n ervaring gewees en ek is nie vir ’n oomblik spyt nie”.
34 screen shot 2015 11 12 at 4.35.31 nm.


Chrizelda is deur Ignus gevra om die plaas te verlaat. “Ek bid daaroor en as dit nie gebeur nie dan is dit nie vir my nie," het sy gesê. “Dan is dit maar net my gevoelens wat lief vir my.”
34 screen shot 2015 11 12 at 4.41.08 nm.


Nadia het egter ook gesê dat dit nie die einde van die pad is vir die dames nie.

“Hopelik beteken dit dat daar ’n ander pad vir jou gaan oopgaan voorentoe.”

Kyk die volledige gesprek met Nadia hier onder: