Logo

Boer Soek ’n Vrou: Blitsafsprake

Nuus
16 Oktober 2015
In vandeesweek se episode van Boer Soek ’n Vrou het ons boere vir die eerste keer tien dames wie se briewe vir hulle uitgestaan het vir blitsafsprake ontmoet.
Screen Shot 2015-10-14 at 3.14.22 nm.

In vandeesweek se episode van Boer Soek ’n Vrou het ons boere vir die eerste keer tien dames wie se briewe vir hulle uitgestaan het vir blitsafsprake ontmoet.

Dit was ’n dag vol opwinding en spanning. Elk van die boere het slegs vyf minute gekry saam met elk van die gekose dames. Tydens dié vyf minute moes belangrike besluite geneem word.

Eers was dit tyd vir die boere om elk al tien dames wat hulle gekies het saam te ontmoet voordat hulle die vyf dames sou kies wat hulle beter wil leer ken. Die spanning was hoog maar gelukkig het die vyf boere mekaar bygestaan en aangehits.

Niel was eerste aan die beurt om sy tien dames vlugtig te ontmoet: “Magtig, ek weet nie wat om te sê nie...”

Ignus was volgende aan die beurt en het geglimlag van oor tot oor. “Heerlikheid, ek het amper uitgepaas,” het hy na die ontmoeting gesê.

Volgende was PJ, en die dames het hom behoorlik laat skaamkry. “Ek het nog nooit in my lewe so gebloos nie,” het hy aan die ander boere gesê.

Christiaan het die dames bedank dat hulle opgedaag het. “Die ys is gebreek en nou moet ’n mens net begin ontmoet.”

Derius wat aanvanklik gespanne was het die dames gevra om rustig te wees. “Ons sal nou-nou gesels en ek dink dan sal die ys gebreek wees," het hy gesê.  "Julle lyk pragtig en ek sien uit om met julle te gesels.”

Die dames het self baie te sê gehad oor die boere. Kirsten, een van die dames wat Ignus gekies het, het gesê: “In die blitsafspraak hoop ek om ’n konneksie te sien”.

“Dis nie net vir hom nie. Ek moet ook dalk moontlik sy boervrou word, so ek hoop daardie konneksie is daar,” het sy verder gesê.

So breek die tyd toe aan vir die blitsafsprake. Allerhande vrae was aan die dames gevra, en sommige dames het ook ’n paar interessante vrae vir die boere gehad.

Ane, een van PJ se dames was baie tevrede na die blitsafspraak. “Die opgewondenheid gaan deur my liggaam,” het sy na die afspraak gesê. “Ek glo alles gebeur met ’n doel. Daar is altyd iemand vir ons elkeen. Die Here het altyd ’n goeie manier om dinge uit te laat werk.”

Vyf minute saam met elke dame was vinnig verby en uiteindelik was dit tyd om te kies. Sommige van die boere het dit vlugtig afgehandel, maar tog was dit baie moeiliker vir sekere van die boere. Hier is die boere se finale keuses:

Christiaan:
"Julle is almal lieflike vrouens. Jammer as ek ’n fout gemaak het maar ek weet nie..."

Hy het die volgende dames gekies:
-Eslia
-Kalla
-Simoné
-Amalia
-Marian

Derius:
"Dis nie lekker nie. Dit voel amper soos verwerping en dis nie reg nie..."

Hy het die volgende dames gekies:
-Carmen
-Maryke
-Andri
-Ninke
-Salet

Niel:
"Een van die meisies het my hartsnare verniel..."

Hy het die volgende dames gekies:
-Carina
-Melinda
-Andrea
-Monja
-Loraine

Ignus:
“Ek wil maar net dankie sê vir almal van julle vir julle moeite.”

Hy het die volgende dames gekies:
-Elshante
-Marli
-Janli
-Chrizelda
-Marlize

PJ:
“As ek julle nou nie kies vandag nie, dis vir my niks lekker nie…”

Hy het die volgende dames gekies:
-Noelle
-Luzaan
-Michán
-Anke
-Suzaan

Die besluite is gemaak en die bal is behoorlik aan die rol. Volgende week leer elke boer die vyf dames wat hulle gekies het beter ken op die groepsaktiwiteite.

Kyk Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:30 op kykNET.