Logo

Boer Soek ’n Vrou: Beëindig dit só

Nuus
02 Desember 2016
Om per SMS afgesê te word kan seermaak. Ons gesels met die boere oor die “regte manier” om ’n verhouding te beëindig.

Om per SMS afgesê te word kan seermaak. Ons gesels met die boere oor die “regte manier” om ’n verhouding te beëindig.

Volgens Johannes moet jy dinge vroeër eerder as later stopsit – veel beter as om die situasie langer uit te rek as wat nodig is.

Leon-Fritz sê nou weer dis beter om nie die ander persoon “te laat wonder nie”. Hy sê die persoon wat aan die kortste ent van die verhouding trek wil nie nog onbeantwoorde vrae ook hê wanneer dinge nie goed uitdraai nie. “Jy wil tog weet hoekom.

“Dis nie nodig om ’n ding toe te smeer en die ander persoon daardeur te sit nie,” sê die boer.

Rob stem – dit moet “direk en persoonlik” gebeur.

Arno dink nie dis baie wys om ander mense by jou verhouding te betrek wanneer dit sleg gaan nie. “Los die derde partye uit,” sê hy. Hy dink ook nie ’n mens moet daarna probeer vriende wees nie. “As dit verby is, is dit verby.”

Hennie is al oor Whatsapp afgesê. “Daai is nie cool nie!” lag die boer. “Bel my ten minste!”

Kyk die volledige video hier:



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.