Logo

Boer Soek ’n Vrou: 8 Mei 2016

Nuus
01 Mei 2016
Op Sondag 8 Mei om 20:00 ontmoet ons die tien boere wat aan die negende seisoen van die gewilde Boer Soek ’n Vrou gaan deelneem.

Kykers kan hulself gereed maak vir die 9de seisoen van die gewilde werklikheidsprogram Boer soek ’n vrou! Op Sondag 8 Mei om 20:00 ontmoet ons die tien nuwe boere. Suid-Afrika se liefling, die voormalige internasionale model, Minki van der Westhuizen, is vanjaar aanbieder van Boer soek ’n vrou.



Elmarie Botha, vervaardiger van Boer soek ’n vrou, en Stephanus Rabie, regisseur, gesels oor die tien boere wat gekies is om vanjaar aan dié gewilde reeks deel te neem en waarna kykers kan uitsien. Kyk die video hier.

Moet dit nie misloop nie! Skakel in op 8 Mei 2016 om 20:00, slegs op kykNET.