Logo

Boer soek ’n vrou 8: Hier is die datums

Nuus
04 Mei 2015
As jy nie kan wag om te sien hoe vanjaar se tien Boere lyk nie, maak seker jy is op Sondag 10 Mei 2015 om 21:00 voor die kassie, wanneer hulle bekend gestel word.
NadiaBeukes

As jy nie kan wag om te sien hoe vanjaar se tien Boere lyk nie, maak seker jy is op Sondag 10 Mei 2015 om 21:00 voor die kassie, wanneer hulle bekend gestel word.

Kort hierna kry hoopvolle kandidate van regoor die land die geleentheid om vir die hubare Boere te skryf.

Verlede jaar se seisoen van Boer soek ’n vrou, ’n werklikheidsreeks wat ook internasionale sukses geniet, het kykers behoorlik aan die gons gehad. Boer Gerrie het onlangs aan sy Carna verloof geraak, en ons het gesien hoe Boer Kevin al drie dames huis toe stuur…

Op 1 Oktober om 20:30 begin die soektog na liefde weer op kykNET, en gaan kykers vir ’n paar weke saam met die aanbieder Nadia Beukes reis soos wat sy die briewe by die Boere op hul plase aflewer.

Kyk dié video om te sien hoe die Boere gekies word.

Hou kykNET se webblad dop vir meer.