Verlede week was ons só opgewonde om weer by Boer Albert te kuier. Dié boer het alleen by die Le Franschhoek opgedaag, maar met goeie nuus. Alhoewel ons haar nie op daardie dag kon ontmoet nie, het Albert laat weet dat hy wel die liefde gevind het by ’n aangename dame. Ons was só nuuskierig dat ons besluit het om by Albert op sy plaas te kuier om meer uit te vind van sy verhouding.
Is jy nog in ’n verhouding?
“Ja, ek is en ek is baie gelukkig.”
Hoe het julle mekaar ontmoet?
“Dit was ’n blind date... by ’n troue! Ons het ontmoet deur mense wie ons albei ken – ons vriende. Dinge het net so mooi vir ons uitgewerk.”
Sal jy die reeks aanbeveel vir die wat na liefde soek?
“Ja! Eerstens, ek het so baie mense ontmoet met wie ek ’n lang pad kan stap. Meeste van praat nog gereeld en dit is vir ons só lekker dat ons daaraan dink om later in dié jaar weer by mekaar te kuier. Ek dink ook dat die reeks ’n ongelooflike ervaring was. Al vind jy nie liefde op die reeks nie, gaan dit oor jouself daar buite te sit en te groei as mens.”
Ons is seker dat ons nou kykers harte verwarm het met hierdie nuus. Op die ou einde, wil ons net hê dat almal liefde en geluk vind. Vir meer nuus oor die boere se liefde en geluk, volg die hutsmerk #BoerSoeknVrou op sosiale media te gebruik.