Logo

Beleef jou Wêreld in Afrikaans-veldtog skop eersdaags af

Nuus
19 Mei 2015
kykNET se Beleef jou Wêreld in Afrikaans-veldtog word op Donderdag 21 Mei om 20:00 op Bravo! geloods.
Screen Shot 2015-05-16 at 22.24.53
kykNET se Beleef jou Wêreld in Afrikaans-veldtog word op Donderdag 21 Mei op Bravo! geloods.

Dié opwindende veldtog is die breinkind van Leo Smit, handelsmerkbestuurder vir kykNET. Volgens Smit is kykNET veel meer as ’n TV-kanaal, en het hy ’n konsep gekies wat die kwaliteit van vermaak die beste tentoonstel.

Hy het met die sanger Joe Foster oor sy idee gesels en saam het hulle met die idee van ’n “temaliedjie” vorendag gekom. “Van daar af het alles organies gebeur,” vertel Smit.



Die liedjie “Beleef jou Wêreld in Afrikaans” is deur Foster en Johan C Venter geskryf. “Die liedjie gaan oor alles wat kykNET is – oor waar ons vandaan kom, en waarheen ons op pad is,” sê Smit.

Wie sing saam? Emo Adams, Nianel, Charlize Berg, Brandon October, Jannie Moolman, Suzzi Swanepoel, Nadia Beukes, Pieter Koen, Jak de Priester, Andre Schwartz, ANneli van Rooyen, Gerrie Pretorius, Joshua na die Reën, Rozanne McKenzie, Marlee van der Merwe, Adam Barnard, Die Jaloersbokkies, Heinz Winckler, Ampie, Joe Foster, Johan C Venter, Kurt Darren en Alistair Isobel is net van die name wat hul stemme aan die veldtog verleen het.

Die opnames vir die veldtog het in April in Kaapstad en Pretoria plaasgevind.

Maak seker jy is Donderdag om 20:00 voor die kassie, wanneer die Beleef jou Wêreld in Afrikaans-veldtog eksklusief op Bravo! geloods word.

Hou kykNET dop vir die bekendstelling van die musiekvideo, sowel as eksklusiewe agter-die-skerms-inhoud.

Klik hier vir meer oor die veldtog.

34 screen shot 2015 05 16 at 22.30.07
34 screen shot 2015 05 16 at 22.28.35
34 screen shot 2015 05 16 at 22.24.53
34 screen shot 2015 05 17 at 15.29.34
34 screen shot 2015 05 17 at 15.25.16