Logo

ATKV-Mediaveertjies 2016: Hier is die wenners

Nuus
14 Mei 2016
Verskeie kykNET-reekse en -persoonlikhede is op 13 Mei 2016 by Vodacom World in Midrand met ATKV-Mediaveertjies bekroon.
ATKV Mediaveertjies 2016

Verskeie kykNET-reekse en -persoonlikhede is op 13 Mei 2016 by Vodacom World in Midrand met ATKV-Mediaveertjies bekroon.

Die Mediaveertjies is ’n viering van die belangrike rol wat die media in die samelewing speel. Daar is in die volgende kategorieë meegeding: lees (gedrukte/digitale media), luister (radio/digitale media) en kyk (TV/digitale media).

Foto’s: ATKV-Mediaveertjies 2016

Gaste is op luisterryke wyse vermaak deur Schalk Bezuidenhout, gasheer vir die aand. Hy is bygestaan deur Tribal Echo, die gewilde eklektiese inheemse rockgroep al die pad uit die Kaap, en die bekroonde rieldansgroep uit die Sederberge, Die Nuwe Graskoue Trappers. Die regisseur was Henriëtta Gryffenberg.

Die kykNET-reekse Vlug na Egipte en Terug na Egipte het verskeie benoemings ontvang. Buurtwag is drie keer benoem, Jou Show, Koekedoor, JAM! en Die GROOT Ontbyt is in twee kategorieë vir vermaak benoem, terwyl ’n Ander wêreld met Coenie, Sandra op ’n drafstap, Kwêla, Reis na Gister, Robinson, Insig en kykNET Verslag benoem is in die TV-kategorie vir aktuele genres.

34 atkv mediaveertjies 2016


LUISTER

In dié kategorie was die beoordelaars Jenine Coetzer, Albe Grobbelaar en Kirby van der Merwe en die wenners is soos volg:

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
• Ettienne Ludick & Sue Pyler – Middag op RSG: Tannie Evita word 80, RSG

Beste insetsel in ’n joernaalprogram
• Anna-Marie Jansen van Vuuren – Naweek-aktueel: Skepper van verskeie Afrikaanse kinderliedjies, Betty Misheiker, oorlede, RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Ivor Price & Anita Visser – Monitor: Versoeningsdag met eerw. Frank Chikane & Adriaan Vlok, RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Anita Visser – Monitor: Hirosjima: 70 jaar later, RSG

Beste joernaalprogram
• Ilse Salzwedel – Die woordketting, RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
• Suzanne Paxton & Melissa Tighy – Spektrum: President Jacob Zuma se staatsrede, RSG

Beste dokumentêre program of programreeks
• Johan van Lill – Christopher Kindo: Voete soos vlerke, RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
• Johan van Lill – Ons en die onderwys: Robotte in die klaskamer, RSG

Beste teks vir ’n radiodrama of -teater
• Martyn le Roux – Bloedlyn, RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater
• Bettie Kemp – Sonate, RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
• Su-an Marais – Su-an en so aan, GROOTfm 90.5

Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie
• Charonike Nel – Rooiwynsondag, Puk fm 93.6

LEES

In dié kategorie was die beoordelaars Wilma de Bruin, Anastasia de Vries en Elma Rossouw en die wenners is soos volg:

Beste in-diepte artikel
• Murray La Vita – Pyn, potta-potta en protes, Die Burger

Beste ondersoekende joernalistiek
• Pieter-Louis Myburgh – R600 miljoen-optelfout - Ingevoerde lokomotiewe te hoog vir SA spoorlyne, Rapport

Beste persoonlikheidsprofiel
• Anika Marais – Die leier van die Bybelstudie-bendes, By: Die Burger

Beste kunste-artikel
• Marida Fitzpatrick – Wit en gatvol ja, maar nie ’n rassis, sê Willem Boshoff, Beeld

Beste leefstyl-storie
• Sandra Troskie – ’n Toer met skoppensboer, Vrouekeur

Beste essay, rubriek of opiniestuk
• Marida Fitzpatrick – “Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is”, Netwerk24

Beste sportartikel
• Sophia van Taak – Vanaand gaan die poppe dans!, Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
Bloemnuus – Redakteur: Ruan Bruwer

KYK

VERHALENDE GENRES

Hierdie kategorie se beoordelaars was Diane de Beer, Laetitia Pople en Marguerite Robinson. Vanjaar word die volgende persone met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon:

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
• Paul C. Venter – Vlug na Egipte

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
• Human Stark – Vlug na Egipte

Beste dramareeks of enkeldrama
• Human Stark – Vlug na Egipte

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
• Frank Opperman – Terug na Egipte

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
• Marion Holm – Vlug na Egipte

AKTUELE GENRES

Hierdie kategorie se beoordelaars was Hannelie Booyens, Jan-Jan Joubert en Irma van Zyl. Vanjaar word die volgende persone met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon:

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
• Hannes van Wyk – Kwêla, kykNET

Beste insetsel in ’n joernaalprogram
• Hanné Koster – Kwêla: Nuwe boek oor Ingrid Jonker, kykNET

Beste joernaalprogram
• André Calitz & Ronel Moodie – Reis na Gister, kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Freek Robinson – Robinson, kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram
• Renée de Villiers – kykNET Verslag: Roodepoortskool, kykNET

Beste nuusinsetsel
• Maryna Lamprecht & Jurg Slabbert – Topstories: FIFA-korrupsieskandaal, Netwerk24

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
• Alet van Rensburg Wright – Fokus: Voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal by Universiteite, SABC 3

Beste dokumentêre program of programreeks
• Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Formidabele vroue: Petronella van Heerden, kykNET

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
• Bonné de Bod & Susan Scott – 50/50: Padreëls, SABC 3

Beste vermaaklikheidsprogram
• Paul Venter – Koekedoor, kykNET

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
• Emo Adams – Jou Show, kykNET

Mieke Vlok van Huisgenoot is bekroon met ’n ATKV-Mediaveertjie vir Opkomende Joernalis van die Jaar.

Lees: kykNET kry talle benoemings vir ATKV-Mediaveertjies

34 mediaveertjies 2

34 mediaveertjies 3

34 mediaveertjies 4

34 mediaveertjies 5

34 mediaveertjies 6

34 mediaveertjies 7

34 mediaveertjies