Logo
In die ysterhand se greep slim BB
web uni tv guide

In Die Ysterhand Se Greep

145Telenovela13 VL

Ankerreekse vir kykNET & kie trek nuwe baadjie aan

Nuus
26 Mei 2021
Tussen Ons word onderskeidelik op Dinsdae om 20:30 en Woensdae om 21:30 uitgesaai. Medies se uitsaaityd is 21:30 op Maandae en Studio 3 is om 21:30 op Donderdae. Al dié reeks is op kykNET & kie, kanaal 145 op DStv.
to bb

Die gewilde Afrikaanse klets- en aktualiteitsprogram, Tussen Ons, spog binnekort met nuwe formate. Verlede jaar het kykNET die reeks met bykomende episodes uitgebrei, wat Tussen Ons Medies en Tussen Ons #TBT ingesluit het.

Nou, weens die gewildheid van Tussen Ons se twee susterprogramme, gaan die voortaan (van 1 Junie) aparte reekse op kykNET & kie raak en onderskeidelik as Medies en Studio 3 bekend staan.

“Die Tussen Ons-handelsmerk het baie gehelp om nuwe kykers vir dié twee episode-uitbreidings te lok, maar beide se gewildheid het ons stoutste verwagtinge oortref,” sê Paul Venter, vervaardiger van die reekse.

“Kykernavorsing het nou gewys dat Tussen Ons Medies en Tussen Ons #TBT, genoeg gravitas het om ’n eie identiteit, apart van die twee Tussen Ons-aktualiteitsepisodes, te ontwikkel.”

Medies, wat Maandae om 21:30 op kykNET & kie uitgesaai word, sal steeds deur dr. Darren Green aangebied word en hy sal weekliks deur ander mediese kenners bygestaan word. Die Bravo!-aanbieder en fiksheidsguru, Ewan Strydom, sal ook soos tevore by Darren aansluit om sy fiksheidswenke te deel, terwyl die koskenner, Heleen Meyer, steeds maandeliks vir kykers gaan wys hoe om gesonder te eet.

Tracey Lange, wat ook die ankeraanbieder van die twee aktualiteitsepisodes van Tussen Ons is, sal aan die stuur van die Studio 3-program, wat op Donderdae om 21:30 op kykNET & kie uitgesaai word, wees.

“Soos met Tussen Ons #TBT gaan Studio 3 se fokus op talent wees, of jy nou kook, bak, toneelspeel, skryf of sing, ons vier talent in al sy vorme,” sê Tracey.

“Ons gaan die litte los maak en gaan ons veral pret hê met mense wat bekend is in hulle gemeenskappe, om hul talent aan die res van Suid-Afrika te wys.”

Volgens Paul word die program Studio 3 genoem, oor dit dit die atlejee waar dit vervaardig word se naam is. Studio 3, word by Atlantic Studios in Kaapstad geskiet, wat ook die tuiste van kykNET-reekse soos Suidooster, Kwêla en Koortjies is.

Die Tussen Ons-aktualiteitsepisodes, wat sedert Julie 2018 uitgesaai word, se huidige aanbieders, Tracey Lange, Kay Karriem, Success Lekabe, Zelda la Grange en Ingrid Jones, sal nou steeds twee keer per week, op Dinsdae en Woensdae, saam in kykers se sitkamers kuier en oor hedendaagse en nuuswaardige onderwerpe gesels.

Tussen Ons word onderskeidelik op Dinsdae om 20:30 en Woensdae om 21:30 uitgesaai. Medies se uitsaaityd is 21:30 op Maandae en Studio 3 is om 21:30 op Donderdae. Al dié reeks is op kykNET & kie, kanaal 145 op DStv.