Logo

Alice Phoebe Lou sal vir Rodriguez open

Nuus
18 Januarie 2016
Alice Phoebe Lou gaan vir die legendariese Amerikaanse sanger Sixto Rodriguez open wanneer hy vroeg vanjaar in Suid-Afrika optree.
Alice-Phoebe-Lou-by-Robert-Paul-Kothe

Foto: Robert Paul Kothe


Alice Phoebe Lou gaan vir die legendariese Amerikaanse sanger Sixto Rodriguez open wanneer hy vroeg vanjaar in Suid-Afrika optree. Big Concerts het die nuus verlede week bevestig. Rodriguez tree van 27 Januarie tot 6 Februarie in Suid-Afrika op.

DATUMS EN KAARTJIES

Johannesburg
27 Januarie 2016 – Kaartjies nog te koop
29 Januarie 2016 – UITVERKOOP
Die Ticketpro Dome
Prys: R395 – R680
Kaartjies is beskikbaar by www.bigconcerts.co.za en Computicket

Durban
31 Januarie 2016 – UITVERKOOP
1 Februarie 2016 – Kaartjies nog te koop
ICC Durban Arena
Prys: R340 – R625
Kaartjies is beskikbaar by www.bigconcerts.co.za en Computicket

Port Elizabeth
3 Februarie 2016 – Kaartjies nog te koop
Nelson Mandela Baai-stadion
Prys: R480
Kaartjies is beskikbaar by www.bigconcerts.co.za en Computicket

Kaapstad
5 en 6 Februarie 2016 – UITVERKOOP
Grand Arena, GrandWest
Prys: R395 – R680
Kaartjies is beskikbaar by www.bigconcerts.co.za en Computicket

Aangebied deur Algoa FM, Bok Radio en kykNET. Nóg ’n Big Concerts-ervaring.

Alice Phoebe Lou is in Kaapstad gebore. Op die jong ouderdom van 18 het sy na Europa gereis en haar liefde vir opvoerings en straatkuns ontdek. ’n Jaar later het sy Berlyn toe getrek en haar loopbaan as ’n straat-musikant afgeskop, met haar “kantoor” op straathoeke en by treinstasies. Na bykans drie jaar in Berlyn, het Alice se stem deel geword van dié Duitse hoofstad – of dit nou vanaf Warschauer Strasse of Mauerpark gehoor word.

Haar musiekreis het haar in die afgelope jaar – sedert sy haar eerste EP, Momentum, uitgereik het – verder as Berlyn geneem. Sy het ’n dokumentêre fliek oor straatkuns in Parys, Amsterdam, Istanbul en ander stede uitgereik, en op verhoë regoor die VK, Duitsland, Noorweë, Swede, Hongarye en in New York en die Amerikaanse weskus opgetree. Haar debuutalbum word later vanjaar uitgereik.