Logo

10 van die bestes – Boer Soek 'n Vrou 13

Nuus
27 Januarie 2021
Op die oog af lyk dié tien boere heel gemaklik en rustig, maar as jy dieper delf sien jy die vlinders en flikkers in hul oë.
Hero

Vanjaar se Boer Soek ‘n Vrou seisoen is een vir die boeke… Nie nét spog ons met tien nuwe boere en ‘n beeldskone nuwe aanbieder nie, maar seisoen 13 was geskiet tydens die wêreldwye pandemie en die Suid-Afrikaanse inperking.



In episode 1 het ons die boere ontmoet vir die eerste keer en in episode 2 het ons hulle ‘n bietjie beter leer ken.
So wie is hierdie manne nou eintlik?

#BoerKobus
Hierdie 52-jarige boer van Randfontein in Gauteng is opsoek na onvoorwaardelike liefde. Hy verkies ‘n dame wat tuis is in die kombuis en saam met hom aktief kan wees. Kobus is ‘n wewenaar wat 6-jaar gelede ongelukkig sy vrou aan kanker moes afstaan. Maar hy is gereed om weer lief te wees en hoop om die regte dame te ontmoet om romantiese en spesiale spontane oomblikke mee te deel.

#BoerDean
Déan is ‘n 28-jarige vlieënier en Macadamia-boer van Nelspruit in Mpumalanga. Hy is opsoek na ‘n onafhanklike, aanpasbare dame met Christelike-waardes. Hy glo dat hy van die eerste oogopslag sal weet of ‘n verhouding sal uitwerk of nie en noem dat hy nie blind is vir kwale wat hom in die langtermyn sal pla nie. Hy is liefdevol en sien daarna uit om iemand langs sy sy te hê saam met wie hy naweke kan wegbreek.

#BoerMarthinus
Hierdie 25-jarige boerseun van Arlington in die Vrystaat, is opsoek na 'n aantreklike, ambisieuse dame wat saam met hom die wêreld sal reis. Hy glo dat hy ‘n oop boek is, en verwag dieselfde van sy lewensmaat. Hy bieg ook dat sy diere vir hom baie belangrik en die nuwe liefde in sy lewe sal hulle moet aanvaar nes hulle is.

#BoerRichann
29-Jarige Richann, boer met skilderbokke op Vredefort in die Vrystaat. Hy is opsoek na mooi mens met ‘n mooi hart. Hy glo dat opofferings vanselfsprekend is in liefde, en wanneer jou gevoelens sterker vir iemand is, die opofferings baie makliker gebeur. Hy hoop om sy sielsgenoot te ontmoet wat ‘n aand onder die sterre saam met hom sal deurbring.

#BoerNiel
Hierdie 32-jarige vrugteboer van Garbouw in die Wes-Kaap is opsoek na ‘n avontuurlustige dame wie God altyd eerste stel. Hy glo dat jy nooit iemand moet probeer verander in ‘n verhouding nie. Niel wil graag iemand ontmoet wat die stilte op die plaas saam met hom kan geniet.

#BoerStephan
Stephan is ‘n 40-jarige bees- en saaiboer van Lichtenburg in Noord-Wes. Hy is opsoek na ‘n selfstandige, selfversekerde persoon wat haarself mooi versorg. Hy glo dat verhoudings tyd vat end at jy nie te vinnig in iets moet inspring nie. Hy wil graag iemand ontmoet wat die mooi van die natuur en die diere kan geniet.

#BoerAlbert
24-Jarige rooibosteeboer, Albert, van Clanwilliam in die Wes-Kaap is opsoek na ‘n netjiese dame met ‘n sin vir humor. Hy glo dat kommunikasie, respek en Geduld die drie boublokke is van enige verhouding. Hy hoop om iemand te ontmoet wat saam met hom verlief kan raak op die sonsondergang.

#BoerMathys
Hierdie 25-jarige vee-boer van Dullstroom in Mpumalanga is opsoek na ‘n saggeaarde dame wie ‘n liefde heet vir die plaas, diere en mense. Hy glo dat eerlikheid een van die belangrikste aspekte tot enige verhouding is. Hy is reg om iemand te ontmoet wat ‘n piekniek saam met hom kan geniet.

#BoerPF
PF is ‘n vee-, groente- en saadboer van Laingsburg in die Wes-Kaap. Hy is opsoek na ‘n voorvat-vrou wat saam met hom betrokke kan raak in die gemeenskap. Hy glo dat die familie van ‘n lewensmaat ‘n groot rol in enige verhouding speel. Hy hoop om ‘n dame te ontmoet met wie hy kwaliteittyd kan deurbring.

#BoerHannes
52-Jarige Hannes boer op Kroonstad in die Vrystaat. Hy is opsoek na ‘n ekstrovert wie sy beste vriendin kan word in die lewe. Hy glo dat vertroue, kommunikasie en eerlikheid die fondasie van ‘n verhouding vorm. Hierdie wewenaar is reg om weer ‘n kans te vat op liefde.

Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik en skakel hierdie Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien watter vyf boere se liefdesreis ons gaan volg.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel