Logo

Tegnologie red die dag! – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
23 Januarie 2021
Tydens die eerste episode van die dertiende seisoen van Boer soek ‘n vrou het die formaat ietwat anders verloop as normaalweg – alles te danke aan tegnologie...
BSV Article Image

Waar sou ons nie vandag gewees het as dit nie vir ons getroue internet-verbindings, slim fone en oulike app’s was nie?

Tydens verfilming van vandeesweek se episode was Suid-Afrika nog gebonde aan vlak 3 van die inperkings-regulasies teen Covid-19 wat dit nie moontlik gemaak het vir Marciel Hopkins, die nuwe aanbieder, om self na die plase te reis nie. Maar – ‘n boer maak ‘n plan. En dankie tog daarvoor!

Marciel het die boere beter leer ken via die internet. Onder andere was daar gebruik gemaak van video-oproepe op Whatsapp en Google meet.

Natuurlik was die oproepe en ontmoetings nie sonder tegnologiese flaters nie. Daar was swak sein gewees wat die Boer soek ’n vrou-span moes trotseer en nuwe tegnologie wat die boere moes bemeester.

Hierdie is maar net weereens ‘n bevestiging dat ons onsself moet voorberei op die ‘nuwe normaal’.

Daar sal weer ‘n tyd wees om naby aan vriende en geliefdes te wees. Daar sal weer ‘n dag aanbreek waar ons soentjies en drukkies sal kan uitdeel, maar dit is vir nou veiliger om ‘n vriend te maak van tegnologie totdat daardie dag weer aanbreek.

Gesels gerus saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik en onthou om elke Donderdagaand om 20:00 in te skakel om te sien wie van die boere liefde gaan vind.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel