Logo
Barakat  Billboard 1600 x 800
Mortimier Williams Barakat Zaid

Mortimer Williams

Mortimer Williams is ‘n Suid-Afrikaanse akteur bekend vir sy rol as Ricci September in die SABC2 reeks Erfsondes.

In 1955 skop hy sy teater loopbaan af met ‘n rol in David Kramer en Taliep Peterson se produksie, Poison. Sedertdien was hy gesien in Fiddler on the roof, Grease – The Musical, Fiela se Kind, Evita en Grease – The Stadium Spectacular.

Mortimer het al in drie Richard Loring -produksies verksyn, African Footprint, The Young Ones en That’ll be the day – The Legend of Buddy Holly.

Hy verwerf ook ‘n Vita Toekennings -nominasie vir sy rol in die Anthony Drew produksie, Honk.

Hoogtepunte van sy loopbaan sluit in optredes met internasionale kunstenaars, Marsha Barrot (Boney M) en Bon Jovi.

Mortimer het in verskeie televisie-sepies verskyn, onder andere, 7de Laan, Isidingo en Scandal!. In 2010 sluit hy by die sitkom, Rasdien, aan as deel van die hoofspelers. En in 2020 as een van die broers in Barakat.