UIT
The Unknown is ‘n kreatiewe dansgroep wat in 2010 ontstaan het. Ons is van Ocean View in Kaapstad en ons bestaan uit 4 gemaskerde dansers, nl. JP Koopman, Erin Carelse, Brandon Silinda & Carlo Simons. Wat ons so uniek maak is dat ons een van net ‘n paar soortgelyke groepe dansers is wat ‘n dramatiese / teatrale dansstyl (‘n kombinasie van toneel en dans) gebruik. Ons hou daarvan om plaaslike temas te gebruik en kan voor enige groep onder enige omstandighede optree. The Unknown het ‘n unieke, anderse voorkoms wat bestaan uit maskers en handskoene. Ons gebruik die maskers om anders te vertoon as ander groepe en om aan te pas by ons naam, nl. The Unknown. Die naam wat ons gekies het, dui dus op die manier waarop ons lyk en ook op ons unieke optrede. Verwag dus die Onbekende van The Unknown!