UIT
Ek is Denton Andrew Persens, ook bekend as Shadow/Die Dikding. Ek is 23 jaar oud en ek is ‘n rymkletser/rapper van Ceres, Rooikamp. Ek hou ook daarvan om na myself te verwys as Presidenton... Ek het in 2015 voor gehore begin optree. Voor dit het ek slegs vir myself musiek gemaak. Ek hou daarvan om nuwe mense te ontmoet en om nuwe idees in my musiek te toets. Ek dans baie graag (op my eie manier). Ek inspireer en motiveer graag ander mense met my musiek. My hoofdoel is om daagliks een mens se lewe te verander. Ek hou baie van plaaslike“hiphop” en dit is vir my lekker om te sien dat ander goed vaar met dit wat hulle doen. Ek onderneem jaarliks ‘n “mixtape” genaamd B.I.G (BRUL INI GHETTO) waar ek my “songs” vir die gemeenskap uitvoer. Dit is my beskeiemanier omterugte ploeg in die gemeenskap, want enigeen kan dan hul talente metons almal deel. Ek glo aan voortdurendeverbetering en daarom is ek steeds student op die gebied. My plan is om die jeug te wys dat jy nie hoef in te pas om gehoor of ervaar te word nie. Jy kan gewoon net die heel beste weergawe van jouself wees