Die agtste episode van dié seisoen van Boer soek ‘n vrou was beslis nie vir die fainthearted bedoel nie: Trane, nuwe liefde en onsekerhede tussen pasmaats het gesorg vir ‘n rollercoaster van emosies.
Hier is die vyf grootste oomblikke:
1. Boer Pieter se keuse
Dié jong boer het die keuse gemaak om vir Lisa huis toe te stuur:
2. Boer Evert maak sy hart oop
Evert vertel vir Reandi van sy pa se chemo-behandeling en onthul dit is nie iets waaroor hy eintlik praat nie ...
3. Waar was Lizelle?
Paola en Elmarie het gewonder presies waarheen Lizelle so vroeg in die oggend heen verdwyn het.
4. Lizelle sal eerder huis toe gaan
Lizelle wou huis toe gaan in ‘n poging om dinge op die plaas bietjie makliker vir Boer Rudi H te maak:
5. Boer Rudi H se keuse
Boer Rudi H het besluit om vir Paola huis toe stuur.
Het dié twee boere die regte keuses gemaak?
Skakel Donderdae om 20:00 in vir nuwe episodes van Boer soek ‘n vrou op kykNET, kanaal 144 of stroom episodes regstreeks op DStv Stream – en onthou om saam te gesels op Facebook, X, Instagram en TikTok deur #BoerSoeknVrou te gebruik.