web uni tv guide
Boer soek n vrou S18 Pasmaats CTE SP BB
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit18

Ontmoet "Boer soek ’n vrou" se nuwe oes boere

News13 November 2025
Kykers sal die tien boere om 20:00 op Donderdag, 13 November op kykNET, kanaal 144 ontmoet en sal daarna kan begin briewe stuur.  
Boer soek n vrou S18 Farmer CTV Article Image

Voor Herman Lensing en Yolani Abrahams Suid-Afrika se volgende bobaashuiskokke in Kokkedoor: Son & see op Donderdag 20 November begin soek, kan kykers eers nuuskierig begin wonder (of dalk droom) oor die nuwe boere van die volgende seisoen van Boer soek ’n vrou.

Ja, ná talle kinkels en mooi liefdesverhale wat die pas afgelope seisoen van Boer soek ’n vrou opgelewer het, maak Kupido gereed om die eerste pyle in die 18de seisoen van dié gewilde kykNET-maatsoekreeks af te vuur. 

Kykers sal die tien boere om 20:00 op Donderdag 13 November op kykNET ontmoet, waarna hul profiele op kykNET.tv gedeel sal word. 

Die boere se ouderdomme wissel van 26 tot 43, en hulle verteenwoordig ses provinsies, met die Vrystaat wat die voortou met vier enkellopendes neem, terwyl Noordwes deur ’n vroueboer verteenwoordig word. 

Boer soek ’n vrou sal van Augustus 2026 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan weer die boere se liefdesreise kan volg. Die reeks sal, soos altyd, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het. 

Die boere vir die 18de seisoen is:

1.        Arno (28) 

·       Tzaneen, Limpopo

·       Bosbouboer 

·       Vroulike pasmaat

 

2.        David (43)

·       Vierfontein, Vrystaat

·       Gemengde boerdery

·       Vroulike pasmaat

 

3.        Francois (34)

·       Hoedspruit, Mpumalanga 

·       Natuurbewaarder

·       Vroulike pasmaat

 

4.        Jack (30) 

·       Hermanus, Wes-Kaap

·       Appel- en peerboer

·       Vroulike pasmaat

 

5.        Jacques (32) 

·       Nelspruit, Mpumalanga

·       Makadamianeutboer

·       Vroulike pasmaat

 

6.        J.D. (28) 

·       Reitz, Vrystaat

·       Gemengde boerdery

·       Vroulike pasmaat

 

7.        Junior (35)

·       Bethlehem, Vrystaat

·       Gemengde boerdery

·       Vroulike pasmaat

 

8.        Leandi (36)

·       Ventersdorp, Noordwes

·       Beesboer

·       Manlike pasmaat

 

9.        Luan (26)

·       Strydenburg, Noord-Kaap

·       Skaapboer

·       Vroulike pasmaat

 

10.  Willie (37)

·       Harrismith, Vrystaat

·       Bees- en mielieboer

·       Vroulike pasmaat


Nuttige inligting vir belangstellendes:

-              Diegene wat vir een van die tien boere ’n brief wil skryf, moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees.

-              Soos voorheen sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling in die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys. 

-              Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf. 

-              Hou kykNET se sosiale media dop of besoek kykNET.tv vir meer inligting.

Skakel vanaand om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 in om die tien boere van die 18de seisoen beter te leer ken. Gesels ook saam op Facebook, Instagram, X en TikTok deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.