web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

#DieBrug_Wilhrisca

Wilhrisca

Wilhrisca Britz (30) – Internasionale model en motorsportjoernalis van Polokwane, Limpopo

Wilhrisca is ’n model wat al oor die loopplanke van New York gesweef het en nou weer in Polokwane tuisgekom het. Sy is nie bang om haar sê te sê of om iemand op hulle plek te sit nie. Moet nie vir een oomblik dink sy is net ’n mooi gesiggie nie. Sy het ’n tegniese agtergrond en weet presies hoe ’n motor werk en aanmekaargesit is. Wilhrisca is gek oor karre, skep inhoud vir haar eie YouTube-kanaal (Drive Diva SA) en het ’n modelskool begin, bestuur en toe verkoop. Sy is ’n enkelma van ’n seuntjie vir wie sy alles in die wêreld sal doen. Haar eie kinderjare was nie maklik nie, en haar pa het haar grootgemaak om nooit ’n man in haar lewe nodig te hê nie. Wilhrisca is sterk, sy kan byt en sy sál. Die lewe het haar hard gemaak, maar sy verkies dit so. Wilhrisca wil Die brug wen, nie omdat sy die geld nodig het nie, maar omdat sy hou van die idee dat sy op televisie gaan wees en hoop dat ander geleenthede daaruit sal voortspruit.

Tiaan Profile Portrait Die brug 2
Anesca Profile Portrait Die brug 2
Die brug