web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

#DieBrug_Tiaan

Tiaan

Tiaan van Niekerk (35) – Boer van Middelburg, Mpumalanga

Tiaan woon op sy eie op ’n plaas naby Middelburg waar hy met mielies en sojabone boer. Hy geniet ’n jagnaweek, lekker kuier en geleenthede om nuwe mense te ontmoet. Tiaan hou van eenvoud en roetine, maar sal nooit ’n sosiale geleentheid laat verbygaan nie. Op ’n gewone dag op die plaas ry Tiaan deur die lande met sy vierwielmotorfiets, of hy swem in die plaasdam. Hy het ’n groot liefde vir jag en gaan gereeld vir naweke weg om homself in die bos uit te leef. Tiaan het idees wat mense kan vreemd vind en sal vinnig sy hand opsteek om die leiding te neem. Hy is behoudend en koester tradisionele waardes. Tiaan kan vinnig ongeduldig raak, maar hy weet hoe om dit te hanteer. Hy wil die bekende en gemaklike roetine van sy lewe graag ’n bietjie uitdaag, en Die brug gee hom die kans om dit te doen.

Met albei huise nou onthul en spelers wat kante gewissel het, is die kopspeletjies in volle swang. Alliansies is aan die skuif, wedywering en struwelinge aan die broei, en niemand is veilig nie – veral nie as jou grootste bedreiging dalk in die huis langsaan skuil nie.

Roscoe Profile Portrait Die brug 2
Die brug
Tiaan Profile Portrait Die brug 2