web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

#DieBrug_Anesca

Anesca

Anesca Latsky (35) – Finansiële bestuurder van Centurion, Gauteng

Anesca is ‘n tierkat. Haar stem brul en sy weet sy intimideer mense, maar sy belowe sy het ’n sagte hart. Sy kan selfbewus raak en is dan vol bravado. Sy is ongelooflik trots om die ma van twee dogters te wees en verduidelik dat sy sterk vrouens wil grootmaak. Anesca besef dat Die brug ’n geleentheid vir haar is wat haar lewe kan verander, veral nou op die kruispad waar sy haarself vind, en sy aan haarself kan bewys dats sy tot soveel meer in staat is. Anesca hou van ’n lekker tyd, lag en gesels. Sy oefen hard en neem deel aan Crossfit-kompetisies. Sy kan nie help om mense te wil lei nie en is nie bang om in die kollig te staan nie. Sy is in ’n bestuursposisie by die werk, maar erken dat sy oorweldig kan word en soms foute maak, maar sy vat altyd verantwoordelikheid daarvoor. Sy voel soms die lewe is te veel en dat sy meer wil asem haal. Sy glo almal verdien om te wen, maar by Die brug is daar nie vir haar ’n ander opsie as om te wen nie.

 

Die brug
Die brug S2 Durand Portrait
Anesca Profile Portrait Die brug 2